Watertoevoer na hospitaal hopelik vandag herstel

Tanja Bause
’n Waterpyp wat drie dae gelede by die sentrale hospitaal in Windhoek gebars het, sal hopelik teen vandag herstel wees. Volgens dr. David Uirab, die hoof mediese superintendent van die hospitaal, was die pyp wat gebars het baie diep en onder ’n dik betonplaat begrawe en moes swaar masjinerie gebruik word om by die pyp uit te kom.
“Dit het die herstelproses moeilik gemaak, maar ons is hoopvol dat ons vandag weer water sal hê,” het hy gesê.
Die foto’s wys hoe werknemers water in elke moontlike houer vanaf die verpleegsterswoonstelle na die hospitaal aanry.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer