Watter twee gaan deurdring in Cosafa?

VIER lande spook vandag sake uit om te bepaal wie deurdring tot Saterdag se eindstryd van die Cosafa sokkertoernooi vir 0.17's wat tans in die hoofstad van Namibie gehou word. Die gasheerspan kan horn ongelukkig ag om nie die laaste vier te haal nie nadat hy teen Angola gewen het, gelykop teen Zimbabwe gespeel het en net-net deur Swaziland geklop is.

Die vier punte het gesorg dat Namibie in die tweede plek in Groep C eindig maar weens 'n swak doelgemiddeld is die tuisspan sy plek in die Cosafatoemooi kwyt. Malawi en Lesotho het gister in die Sam Nujoma-stadion uitgespeel om te bepaal wie na die semifinaal deurdring. Die Malawiers het behoorlik amok gemaak en hul teenstanders uit Lesotho met 4-0 afgeransel nadat die telbord rustyd op 0-0 gestaan het.

Van die toeskouers by die wedstryd is oortuig dat Namibie baie beter sou vaar teen Malawi as hulle nie deur 'n ongebalanseerde loting van 'n plek in die uitspeelwedstryd "ontneem" is nie. "Lesotho kon net een wedstryd wen en het met drie punte geeindig, terwyl die Namibiese span met vier punte spog." Ongelukkig is daar reels en regulasies wat gevolg moet word. Namibie was in Groep C waar vier lande mekaar gepak het, terwyl in Groep A en B elk net drie spanne was wat twee wedstryde gespeel het.

Die span van Lesotho lyk asof hulle vanuit 'n ontwikkelingskliniek gekies is. Hulle is jonk en kan dalk oor 'n jaar of twee hul stempel in die kom petisie afdruk. Die jongste speler in die toemooi is Lesotho se Setho Moshoeshoe wat op 13-jarige ouderdom toeskouers op hul voete bring met sy skitterende balbeheer en perfekte aangee. Die seun is 'n bondel talent wat met volgehoue afrigting en blootstelling in 'n sokkerster kan ontpop. Hoe ook al, Malawi speel vandag teen Suid-Afrika, terwyl Zimbabwe en zambie mekaar die stryd aanse.

Albei kragmetings sal by die Sam Nujoma-stadion plaasvind. Saterdag word die eindstryd om 16:30 gespeel. In die voorwedstryd speel die nasionale vrouespanne van Namibie en Botswana teen mekaar. Namibie het die eerste been in Gaborone met 3-0 gewen en is sterk geplaas om tot die tweede ronde van die Olimpiese kwalifiserende rondes deur te dring.

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer