Wayne en Siobhan ons bruidspaar van die jaar!

Karin Eloff
Wayne en Siobhan Solomon is Saterdag as die wenners van Republikein se Bruidspaar van die Jaar-kompetisie aangewys tydens die finale ronde van dié kompetisie by die Namibië Toerisme Ekspo.

Die naaswenners was Simeon en Leoni Roberts, terwyl Queenton en Venessa Uirab derde gekom het.

Molin en Linda-Mari Pocsi het die meeste SMS’e ontvang en daarmee ’n Whirlpool-mikrogolf gewen.

Alberto (Poll) en Cheryldene Meintjies se koek is in dié ronde gekies as die mooiste, en daarvoor het hulle ’n La-Z-Boy en ’n N$5 000-geskenkbewys van Homeconomix gewen.

Hoewel dié vyf paartjies uitsonderlike pryse gewen het, het elke paartjie ’n geskenkpakkie ontvang.

Die finaal het plaasgevind ná maande se voorbereiding met paartjies wat van so ver as Keetmanshoop en die kus af gekom het om in Windhoek mee te ding.

Ná ’n kort stappie deur die skougronde is die paartjies na die Checkers Chef’s Indaba in die Maerua-saal, waar die bruidegomme hulle koekversieringsvernuf ten toon gestel het en waar die bruide vrae oor hul ontmoetings en troudag beantwoord het.

’n Lid van die gehoor, wat die naaste aan 40 jaar getroud is, het ook ’n Whirlpool mikrogolf gewen. ’n Leser wat ’n SMS vir die kompetisie ingestuur het, wen ook só ’n mikrogolf, terwyl nog ’n leser ’n wegbreek van O&L Leisure na Midgard wen.

Die wenners se name sal binnekort gepubliseer word.

Met die kompetisie wat nou tot ’n einde gekom het, bedank Republikein graag ons borge vir hul waardevolle ondersteuning. Hulle is Otto Mühr, Whirlpool & Furntech Agencies, Nictus, Trip Travel, O&L Leisure, Sun International, Ina Paarman, The Grove Mall of Namibia, Homeconomix, en die Sea Side Hotel & Spa.

Wayne en Siobhan wen:

• Drie nagte se verblyf by die Palace of the Lost City in Sun City, geborg deur Sun International. Trip Travel borg die vlugte en vervoer tot daar.

• Kombuistoerusting met komplimente van Whirlpool, Furntech Agencies en Nictus.

• ’n Geskenkbewys van The Grove Mall of Namibia.

• ’n Geskenkpakkie van Ina Paarman.

• ’n Massering vir twee van die Sea Side Hotel & Spa.

• ’n Geskenkbewys van Otto Mühr.

Simeon en Leoni wen:

• Kombuistoerusting met die komplimente van Whirlpool, Furntech Agencies en Nictus.

• Verblyf by Chobe Water Villas, geborg deur O&L Leisure.

• ’n Geskenkbewys van The Grove Mall of Namibia.

• ’n Geskenkpakkie van Ina Paarman.

• ’n Geskenkbewys van Otto Mühr.

Queenton en Venessa wen:

• Kombuistoerusting met die komplimente van Whirlpool, Furntech Agencies en Nictus.

• ’n Geskenkbewys van The Grove Mall of Namibia.

• ’n Geskenkbewys van Otto Mühr.

• ’n Geskenkpakkie van Ina Paarman.

(Onderskrifte:)

Links: Die finaliste is van links (bruide voor en bruidegomme agter): Yovitha en Vaino Hangula, Carla en Shaun Hansen, Lameez en Idris Isaacs, Cheryldene en Alberto Meintjies, en Linda-Mari en Molin Pocsi.

Regs: Die ander vyf finalispaartjies is van links (bruide voor en bruidegomme agter): Leoni en Simeon Roberts, Salmi en Bomba Shigwheda, Venessa en Queenton Uirab, Siobhan en Wayne Solomon, en Marika en Michael van der Hoven.

Antwoordtyd: Siobhan vertel die beoordelaars en gehoor hoe sy en Wayne ontmoet het.

Koeke vertoon: Seremoniemeester en Koekedoor-wenner Corli Botha en Sanet Prinsloo kry die bruidegomme se versierde koeke wat reg is vir beoordeling.

Meeste SMSe: Linda-Mari vertel hoe Molin haar uitgevra het, terwyl hy hard aan die versier is. Hulle het die meeste SMS’e ontvang.

Naaswenners: Venessa en Queenton Uirab (links) het die derde plek ingepalm, terwyl Leoni en Simeon Roberts tweede was.

Stoelwenners: Alberto (Poll) en Cheryldene Meintjies was in hul noppies met die La-Z-Boy en N$5000 geskenkbewys wat hulle gewen het.

Versiering: Queenton, Bomba, Michael en Wayne vertoon hul versieringsvernuf.

Walkabout: Die paartjies op pad na die finaal.

Wayne en Siobhan: Siobhan en Wayne Solomon is Republikein se Bruidspaar van die Jaar vir 2017.

Kommentaar

Republikein 2024-11-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 35° Rundu: 19° | 35° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 22° | 35° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 23° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 21° | 37° Keetmanshoop: 21° | 38° Aranos: 22° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 39° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 35° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 17° | 29° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 16° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 16° | 31° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 20° | 32° Harare: 18° | 28° #REF! #REF!