WB-botsing teen Kanada gekanselleer
Rugby
Namibië se Wêreldbeker-rugbywedstryd teen Kanada in Kamaisji is enkele ure voor die afskoptyd om veiligheidsredes gekanselleer op grond van ’n inspeksie deur die toernooi se organiseerders.
Wêreldrugby en die toernooi se organiserende komitee sê in hul nuusverklaring: “Tifoon Hagibis was een van die kragtigste storms wat Japan in dekades getref het. Die veiligheidsoorwegings is die kern van die besluit.
“Kamaisji is in ’n bergagtige streek, insluitend die berge agter die hoofpawiljoen van die stadion.
“Vanweë die swaar reën was daar oorstromings en grondverskuiwings in die omgewing van die stadion, wat onder meer toegangspaaie na die stadion raak.
“Ondersteuners word aangeraai om nie na Kamaisji of die stadion te reis nie, wat gesluit sal wees. Kaartjiehouers sal hul geld kan terugeis.”
Met die gelykopuitslag van 0-0 eindig Namibië vierde uit die vyf spanne in groep B en dus bo Kanada, te danke aan ’n beter punteverskil. Dit is die beste eindposisie wat Namibië nog in ’n Wêreldbeker-toernooi behaal het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie