WB-hoofstuk afgesluit
WB-hoofstuk afgesluit

WB-hoofstuk afgesluit

Rugby
Andrew Poolman
Die Japanse ambassadeur in Namibië, mnr. Hideaki Harada (foto), was 'n eregas by Officeco­nomix se informele “afsluitingseremonie” vir die 2019 Wêreldbeker wat deur spelers en bestuurslede van die Namibiese span bygewoon is.

“Die ondersteunersone wat ons hier by die Black House ingeryg het waar geesdriftiges die wedstryde kon kyk, het die Wêreldbekergees van Japan af hierheen gebring,” het mnr. Paul Oosthuizen van Officeconomix gesê.

Die bekende sakeman het in samewerking met vriende in die besigheidswêreld die funksie gereël om ook agterna hulde aan die Namibiese veldtog te bring soos wat Suid-Afrika vir die Springbokke doen.

Oosthuizen het tevore ook op dieselfde wyse van sy rugbyvriende in die korporatiewe wêreld betrek om die Namibiese span se vergadersaal by die Hage Geingob-stadion te meubileer en netjies in te rig.

Sy medeborge vir die genoemde projekte was Momentum, GFA Re-Insurance, African Personnel Service, Sanlam Namibië, Shoprite Checkers, King Price en Floorworld.

Harada het gesê die Japanse mense sal nie die gebaar van die Namibiese span vergeet om bystand te lewer aan inwoners wat skade tydens tifoon Hagibis gely het nie.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer