WBPHS bied ATKV-Redenaars se streeksuitdunne aan
Mia van Wyk, Walvisbaai Privaats Hoërskool
Dié kompetisie is senutergend, maar ook gelyktydig pretbelaai.
Dit bied 'n geleentheid om nuwe gesigte te ontmoet en nuwe vriende te maak deur die Afrikaanse taal en kultuur met trots te vier. Walvisbaai Private Hoërskool (WBPHS) was die gasheerskool en het hulle uitstekend van hul taak gekwyt. Redenaars van skole oor die land heen het kom redevoer op 16 Junie 2017. Die ATKV (Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging) het al 'n verskeidenheid projekte en kompetisies agter die rug – die ATKV-Redenaars van 2017 was 'n reusesukses.
Hierdie redenaars was beslis nie bangbroeke nie, want hulle het vol selfvertroue 'n beredenerende toespraak van 'n bepaalde tydsduur in 'n lokaal gepak met 'n ywerige gehoor, beoordelaars en 'n voorsitter gelewer. Dit was 'n breintokkelende dag en die deelnemers kon uit verskeie temas kies. Daar was humor, idiome, slagspreuke en vlot Afrikaans in oorgawe.
Al is dit oor die algemeen senutergend om voor mense te praat, was dit 'n groot verligting om weer te gaan sit nadat jy applous van die gehoor ontvang het, meen Jolé Gerber, een van die leerlinge wat WBPHS verteenwoordig het.
Magdel Pienaar het in die kategorie graad 4 en 5 Huistaal Voorbereid die agste plek behaal. Elmi McCarthy het die graad 6 en 7 Voorbereide Huistaal-afdeling gewen en Mia van Wyk het in hierdie kategorie die derde plek verower. Elmi reis later in die jaar Suid-Afrika toe om daar aan die finaal deel te neem. Aletta Mungungu en Yasmen Gomusas behaal onderskeidelik die tweede en vierde plek in die graad 8 en 9 Voorbereide Addisionele Taal-afdeling. Jolé Gerber, Abigail Abbott en Janique Buys behaal onderskeidelik die vyfde, sesde en negende plek in die graad 8 en 9 Voorbereide Huistaal-afdeling. Corné Engelbrecht, Ané Schumacher en Esta Steenkamp behaal onderskeidelik tweede, sewende en agste plek in die Onvoorbereide Huistaal-afdeling vir graad 8 en 9. Idelette Liebenberg en Amoré Engelbrecht verower die sesde en agste plek in die graad 10 tot 12-afdeling vir Voorbereide Huistaal. Maurice Hinterholzer behaal die vierde plek in die Onvoorbereide afdeling vir Huistaal Afrikaans.
Hierdie kompetisie sal beslis in 2018 weer gehou word, ten einde skoliere se skryf- en voordragvaardighede te verbeter, sowel as vriendskappe te vorm deur die liefde vir kultuur.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie