Webinaar fokus op inheemse tale in teater
Die Nasionale Teater (NTN) bied vandag ’n regstreekse webinaar aan, getiteld “The Critical Role of Indigenous Languages in Developing Namibian Theatre”. Die sessie begin om 18:00.
Die fokus van dié gesprek is die belangrike rol van inheemse tale om teaterpraktyke in Namibië te versterk en te verryk. Die gebrek aan inheemse tale in die sektor sal ook ’n punt van bespreking wees. Met die NTN se mandaat om 'n ryk en volhoubare uitvoerende kunssektor in Namibië te ontwikkel en te bevorder, voel die teater dit is van kardinale belang om verhoogtekste in inheemse tale te skep. Dít om ’n sektor te dryf wat ryk is aan plaaslike literatuur en kulturele meriete, Namibiërs se belangstelling in plaaslike produksies te prikkel en ’n alternatief vir globale temas te bied.
Die paneellede sluit in prof. Sarala Krishnamurthy van die Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust), me. Naitsikile Iizyenda van Unam Press, me. Florence /Khaxas van die vroueregteorganisasie, Y-Fem Namibia Trust, en dr. Niklaas Fredericks van Nust.
Me. Nelago Shilongoh, NTN se kunsdirekteur, sal die bespreking lei.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie