WeChat blaas in WhatsApp se nek
WeChat blaas in WhatsApp se nek

WeChat blaas in WhatsApp se nek

Hanlie Stadler - 38 miljard kitsboodskappe word elke dag op WeChat of Weixin gestuur.

Dit is 25% meer as 'n jaar gelede en glad nie ver van die 42 miljard bood­skappe wat elke dag op WhatsApp gestuur word nie.

WeChat is die Engelse weergawe van Weixin wat in lande buite China gebruik word, ook in Suid-Afrika. Dit is een van drie groot sosialemediaplatforms wat aan Tencent behoort.

WeChat en Weixin het nou 980 miljoen aktiewe maandelikse gebruikers, 15,8% meer as 'n jaar gelede.

Daarteenoor het WhatsApp, wat aan Facebook behoort, 1,2 miljard aktiewe maandelikse gebruikers.

Naspers se aandeelprys het Donderdag sy galop voortgesit nadat Tencent die vorige dag stewige kwartaalsyfers uitgereik het.

Tencent, waarvan Naspers nagenoeg 34% besit, het aangekondig sy inkomste was 61% hoër as 'n jaar gelede, sy netto wins 45% hoër en sy bedryfswins 57% hoër.

Die Chinese internetreus se inkomste vir die kwartaal was 65,210 miljoen yuan (nagenoeg R141 miljoen). Sy bedryfswinsgrens het effens gedaal van 36% tot 35%.

Ma Huateng, uitvoerende hoof, sê in 'n verklaring al die maatskappy se inkomstestrome het goed gevaar. Benewens inkomste uit advertensies op sy sosialemediaplatforms, verkoop Tencent speletjies, video, musiek en e-boeke, en bedryf ook e-handel. Betalingsdienste word ook 'n al hoe groter bron van inkomste.

Tencent se videoplatform is nou die grootste in China wat betref aktiewe mobiele gebruikers en in­tekenare. Meer as 43 miljoen mense is ­ingeteken op Tencent Video.

Tencent se inkomste uit aanlyn speletjies het met 48% tot 26,844 miljoen yuan (byna R58 miljoen) gestyg, veral danksy slimfoonspeletjies, soos Honour of Kings, en nuwe titels, soos die Chinese weergawe van Contra Return en Legacy TLBB Mobile.

Die enkele wanklank in die syfers is die daling in die gebruik van die kitsboodskapdiens QQ. Die getal aktiewe maandelikse gebruikers het met 3,8% tot 843 miljoen gedaal. QQ werf wel steeds jonger mense en hulle bly ook langer op 'n keer op die platform.

Qzone, 'n sosialemediaplatform waarop mense onder meer blogs kan skryf, het 10% minder maandelikse gebruikers, 568 miljoen, gehad.

Naspers se aandeelprys was skuins voor 15:00 Donderdagmiddag 1,52% hoër vir die dag op R3 716,99.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!