Wecke & Voigts sluit sy deure
Wecke & Voigts sluit sy deure

Wecke & Voigts sluit sy deure

Sake
Tanja Bause
Die Wecke & Voigts-winkel in Onafhanklikheidsrylaan sluit einde Junie 2021 sy deure.

Volgens me. Adriane Voigts, die direkteur, het die groep einde van verlede jaar tot dié slotsom gekom.

“Dit was 'n emosionele besluit en Covid-19 is nie die rede nie. Die winkel sukkel al die ­afgelope paar jaar. Die kostes om so 'n winkel suksesvol te bedryf, is hoog en die inkomste was net nie genoeg nie. Ons het telkemale probeer om die winkel uit te brei soos ­byvoorbeeld vir toeriste.

“Toe die toeriste verlede jaar ook nog weggebly het, was die besluit eenvoudig,” het sy gesê.

Namibiërs kom volgens haar te min in die middestad en die ­winkelgroep se eienaars probeer soos hul voorouers om saam met die omstandighede te groei en te verander.

“Ons bied ons kliënte 'n klein verskeidenheid van die Wecke & Voigts-produkte in ons vyf Spar-supermarkte aan. Ons sal ook 'n klein winkel in die Lifestyle-­sentrum oopmaak waar ons voor­taan veral ingevoerde items sal aanbied. Natuurlik probeer ons steeds om aan ons kliënte iets besonders te bied.”

Die Wecke & Voigts-winkel wat in die Grove-inkoopsentrum geleë is, sal einde Maart sluit omdat die huurkontrak dan tot 'n einde kom, indien die groep dit nie verleng nie.

Die groep probeer om die werknemers so ver moontlik binne die groep te akkommodeer.

“Waar dit nie moontlik is nie, moet ons ongelukkig mense aflê.”

Kommentaar

Republikein 2025-02-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 27° Rundu: 19° | 26° Eenhana: 18° | 22° Oshakati: 19° | 24° Ruacana: 19° | 22° Tsumeb: 19° | 25° Otjiwarongo: 18° | 28° Omaruru: 20° | 31° Windhoek: 19° | 30° Gobabis: 19° | 28° Henties Bay: 18° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: W, Low tide: 09:43, High tide: 03:43, Low Tide: 21:49, High tide: 15:55 Swakopmund: 17° | 18° Wind speed: 17km/h, Wind direction: W, Low tide: 09:41, High tide: 03:41, Low Tide: 21:47, High tide: 15:53 Walvis Bay: 17° | 21° Wind speed: 21km/h, Wind direction: W, Low tide: 09:41, High tide: 03:40, Low Tide: 21:47, High tide: 15:52 Rehoboth: 20° | 32° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 26° | 36° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 24° | 36° Oranjemund: 16° | 26° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 20° | 28° Lubumbashi: 17° | 21° Mbabane: 17° | 31° Maseru: 16° | 28° Antananarivo: 17° | 24° Lilongwe: 19° | 27° Maputo: 21° | 37° Windhoek: 19° | 30° Cape Town: 18° | 22° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 18° | 23° Harare: 17° | 23° #VALUE! #VALUE!