Wed met kripto hoeveel sterf weens covid-19
Wed met kripto hoeveel sterf weens covid-19

Wed met kripto hoeveel sterf weens covid-19

Reuters – ’n Groep programmeerders het ’n nuwe tipe digitale geldeenheid geskep waarmee jy kan wed op die uiteindelike aantal mense wat die covid-19-virus gaan opdoen en hoeveel gaan sterf.

Die voorraad van die digitale munt, bekend as die CoronaCoin, sal elke tweede dag afneem afhangend van die koers van nuwe gevalle van die virus. In wese beteken dit die prys van die munt sal styg soos wat meer mense óf siek word óf weens covid-19 sterf.

Dié virus is besig om sy wêreldwye verspreiding voort te sit en nóg ses lande het sedert Vrydag gevalle aangekondig.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het sy waarskuwing oor die virus na “baie hoog” verander.

Die jongste syfers van die WHO dui daarop dat meer as 89 250 mense besmet is en meer as 2 900 mense in China en 146 in ander lande aan die virus gesterf het.

Die vinnige verspreiding van die virus het pandemonium op die wêreldmarkte veroorsaak en die drie grootste Amerikaanse aandelebeurse het verlede week hul swakste week sedert die finansiële krisis van 2008 beleef.

Die totale voorraad van die CoronaCoin is op die wêreldbevolking gegrond. Munte word elke 48 uur verwoes op grond van hoeveel mense besmet is of sterf.

“Party mense spekuleer dat ’n groot aanbod verwoes sal word (wat die prys van die munt sal opstoot) omdat die virus so vinnig versprei. Daarom belê hulle daarin,” sê Sunny Kemp, ’n programmeerder en een van die skeppers van die munt.

Volgens Kemp bestaan die span agter die munt uit sewe programmeerders. Hy wou nie die ander programmeerders identifiseer nie. Die meeste woon in Europa, sê hy.

Die prys van digitale geldeenhede, waaronder bitcoin en ethereum, word deur ’n groot wisselvalligheid in die prys daarvan gekenmerk.

Die nuwe CoronaCoin dien in wese as ’n “boekhouding” van die verspreiding van die koronavirus omdat nuwe gevalle op die munt se blokketting aangeteken word.

Ongeveer 20% van die voorraad CoronaCoin gaan maandeliks aan die Rooikruis-vereniging geskenk word, sê Kemp.

Tog het die munt onder skerp kritiek deurgeloop met sosialemediagebruikers wat dit as “immoreel” en “in swak smaak” bestempel.

Op die vraag of die nuwe munt nie as morbied beskou kan word nie, het Kemp gesê: “Die WHO reik tans sy eie effekte uit, so hoe is dit enigsins anders?” – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!