Wedergeboorte van die RFA
Nuwe baadjie, nuwe plan, nuwe leierskap, nuwe benadering
Augetto Graig – Die Padfondsadministrasie (RFA) trek nie net ’n nuwe baadjie, met sy herontwerpte logo, aan nie, maar het gister ook sy nuwe kliëntediensbeleid en geïntegreerde strategiese sakeplan tot en met 2024 bekend gestel.
Die RFA se direksievoorsitter, dr. Emma Haiyambo, het gesê ’n nuwe blaadjie word omgeslaan in die trotse geskiedenis van die staatsinstansie verantwoordelik vir belegging van N$18 miljard om die nasionale padnetwerk van Namibië sedert 2000 op te bou.
“Die RFA het gesorg vir die uitbreiding van die padnetwerk na meer as 48 000 km, met ’n netto waarde van N$101 miljard,” sê sy.
Haiyambo lei ook sedert begin Oktober ’n nuwe direksieraad wat uit mnr. James Mnyupe, me. Melanie Tjijenda, mnr. Oshoveli Hiveluah en me. Isdor Angula bestaan. Volgens Haiyambo behoort die nuwe handelsmerk die RFA se beeld nuwe lewe te gee, deur ’n simbool van innovering, groei, vaardigheid en volhoubaarheid, vir ’n organisasie wat hom binne die wisselvallige ekonomiese omstandighede definieer.
SAKEMODEL
“Die sakemodel van die RFA verseker volhoubare finansiering van padinfrastruktuur. Die ontwerp van die nuwe logo kombineer elemente van finansiële hulpbronne en padverbindings,” sê sy. Die RFA het ook ’n nuwe slagspreuk: ‘Funding Roads Steering Growth”.
Nog veranderinge by die RFA sluit in die vestiging van ’n navorsingseenheid om onder meer te kyk na padboumateriaal en -tegnologie, asook tegnologie om inkomsteinvordering te verbeter, sê sy.
By ’n geleentheid Dinsdag het
Haiyambo belanghebbers ingelig:
“Die RFA moet meer kreatiewe
meganismes vir finansiering vind
om sy inkomste volhoubaar te vermeerder vanaf N$2,7 miljard tans tot die vereiste N$3,9 miljard om die gehalte van ons N$101 miljard padnetwerk te behou.”
Die groot kopseer is die RFA se oorafhanklikheid van die bydrae van brandstofheffings, wat krimp weens die wêreldwye neiging tot elektriese en hibridiese voertuie.
Dié risiko word saam met die nodige hervorming van sy interne struktuur as die mees bedreigende kwessies in die nuwe sakeplan uitgeken.
By Dinsdag se vergadering waar die sakeplan aan belanghebbers bekend gestel is, het mnr. Namene Kalili, die RFA se uitvoerende beampte vir beleidsbestuur, gesê paaie is ’n belangrike ekonomiese bemagtiger en innovasie is nodig vir meer finansiering vir padbou en onderhoud.
Doelwitte aangedui in die sakeplan, om insameling van fondse te verbeter, sluit in die vermindering van inkomste verliese deur bestaande sakeprosesse te verbeter, ’n skuldinvorderingstrategie te ontwikkel en toe te pas, en deur outomatisering van die massa-afstandheffingstelsel.
Die sakeplan het wel kommer vir sekere belanghebbers gebring, soos vir Windhoek-stadspolisie se senior superintendent Adam Eiseb wat opgemerk het dat tot die helfte van hul finansiering vir verkeersbeheer teen 2024 besnoei sal word. RFA-navorsing dui aan dat die Namibiese polisie onderbefonds is om padreëls landswyd doeltreffend te handhaaf.
Ander kwessies wat uitgelig is, sluit in die toekenning van finansiering tot goedgekeurde plaaslike owerhede en die belangrikheid van die onderhoud van Namibië se grondpaaie. Net 6% van grondpaaie in Namibië is in ’n goeie of baie goeie toestand, 39% is in ’n redelike toestand en 55% sleg tot baie sleg. Dit beteken talle afgeleë plekke word onbereikbaar, veral as goeie reën dié seisoen val.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie