Wedrenseisoen met 'n knal afgesluit
Die rare, duur projektiele uit Angola het toe nie so goed gevaar as verwag nie.
Tielman van Lill - Windhoek Motorklub het Saterdag die laaste ronde van sy nasionale langbaanwedrenne vir klas A, B, C, D, E en X wes van Windhoek by die Tony Rust-renbaan aangebied, waar sewe Angolese jaers ook hul geluk teen die Namibiërs kom beproef het.
Twee van die besoekers uit Angola het hul klasse oorheers, terwyl die res deur die Namibiese jaers gewen is.
Op 'n byeenkoms wat goed deur motorsportliefhebbers bygewoon is, het die jaers nie hul ondersteuners teleurgestel nie en mekaar behoorlik in die onderskeie klasse opgedreun.
Van die verwagte Angolese aanslag met hul twee doelgeboude en blitsige Radical SR3-renmotors van Brittanje en die Christian van Oost-motor (CVO R02) het nie veel gekom nie. Dalk kan die manne uit die noordelike buurland nie behoorlik die drie projektiele se werklike spoed benut nie, óf hulle is skrikkerig om hul duur beleggings op Namibiese bodem te hard te druk.
In klas A het Allan Martin van Walvisbaai met sy J&P Hydraulics VW Golf 5 sonder teenstand sy klas oorheers. Die nuwe nasionale baanrekord (kloksgewys) van 69.354 sekondes vir die baan van 2.6 kilometer het hy Saterdag teen 'n gemiddelde spoed van bykans 235 kilometer per uur opgestel.
Ongelukkig was Christiaan Liebenberg se City Clutch & Brake BMW T1 JZ Turbo se enjin nie betyds gereed vir Saterdag om Martin opdraand te geen nie.
Die Angolese kon wel in klas B hul merk maak en Marrio Ferreira (Lubango) oorheers met sy rooi Radical SR3, terwyl Luis Fernandes van Luanda die tweede posisie met sy Renault Megane inneem.
Zachary Martin het met sy J&P Hydraulics 2.0 agtklep VW Golf 1 gewys die appel val nie ver van pa Allan Martin se stamboom af nie en vir hom 'n derde plek oopgeveg. Vir die jong Martin lê nog 'n blink toekoms in motorrenne voor.
KLAS C EN D
Marius van Zyl het sonder enige bohaai in sy oranje Dynamic Vehicle Repairs 1.8 liter turbo-gedrewe VW Jetta 4 sy spreekwoordelike hakskene vir Michael Strydom (tweede) in 'n 1.6 liter 16 klep Toyota Conquest Turbo gewys, terwyl Jaco Nel met 'n 2.0 liter agtklep VW Golf 1 met die derde plek in klas C tevrede moes wees.
Die klas D-jaers het vir 'n ewe opwindende dag gesorg, met Robbie Reschke wat daarin slaag om met sy Valletta Body Repairs 2 liter agtklep VW Golf 1 vir Helgaardt Deysel, 'n oud-Windhoeker van Lubango in Angola in 'n 1.6-liter Peugot 106, te klop met Matthew Strydom derde in 'n 1.6 liter 16-klep Toyota Conquest.
Nickey Claassens was eerste in klas E met sy groen Spes Bona/King Kemp 2.0 liter agtklep VW Golf 1.
In klas X het Richie Slamet wel met sy I-S Freight Services 2 liter agtklep VW Golf 1 gekwalifiseer, maar meganiese probleme het Slamet junior gepootjie en hy moes reeds in die eerste van drie rondes onttrek.
Die voorste uitslae:
Klas A: 1 Allan Martin.
Klas B: 1 Mario Ferreira (Angola), 2 Luis Fernandes (Ang), 3 Zachary Martin, 4 Sandro Dias (Ang), 5 Michael Rust, 6 Michael van Zyl.
Klas C: 1 Marius van Zyl, 2 Michael Strydom, 3 Jaco Nel, 4 Frankie de Rebeira, 5 Erwin Santos (Ang), 6 Clive Strydom, 7 Lyndon Sauls, 8 Gareth Fourie.
Klas D: 1 Robbie Reschke, 2 Helgaardt Deysel (Ang), 3 Matthew Strydom, 4 Wiets Coetzee, 5 Carlos Ferreira (Ang), 6 Frankie de Rebeira.
Klas E: Nickey Claassens.
Renstelle, Maxterino: 1 Guido Bidoli, 2 Lo-André Bruwer, 3 Jadyn van Zyl, 4 Michael van Zyl, 5 Mario Neves.
Renstelle, Junior Max: 1 Christian Liebenberg junior.
Renstelle, Senior Max: 1 Ivan Vorster, 2 Jörg Goldbeck.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie