Weduwee getuig in moordsaak

Sy vrou vertel hoe “Kaptein Hans” haar en sy kinders probeer beskerm het die nag toe hy noodlottig deur 'n inbreker gewond is.
Dani Booysen
Stefan Noechel – “Wie's daar?” het me. Carol-Ann Möller in die vroeë oggendure van 17 Junie 2016 gevra toe sy wakker geword het weens 'n geraas by die veiligheidshek by hul voordeur.

Haar man, wyle mnr. Hans-Jorg Möller, 'n bekende sakeman in Walvisbaai, is tydens die rooftog vermoor terwyl hy sy vrou en kinders probeer beskerm het.

Sy weduwee het breinskade tydens die aanval op haar opgedoen.

Möller het gister die gebeure van die aand in Windhoek se hoërhof beskryf tydens die verhoor van mnre. David Tashiya, David Shekudja, Elly Ndapuka Hinaivali, Malakia Shiweda en Panduleni Gotlieb. Hulle staan tereg op klagte van moord, poging tot moord, roof en die onwettige besit van 'n vuurwapen en ammunisie.

Volgens Möller het die rowers deur die voordeur gebreek die oomblik toe sy gaan ondersoek instel het. Sy het na die kinders se slaapkamer gehardloop en dit probeer toehou.

Sy het getuig Shekudja het haar hierop met die vuis in die gesig begin slaan. Hy het haar neus en verskeie tande gebreek. Tashiya het haar ook toegetakel.

Haar man het haar te hulp gesnel en die rowers met 'n houtstoel aangeval.

Die volgende oomblik, het Möller getuig, het sy 'n skoot gehoor en haar man sien val.

“Ek het opgekyk en gesien die be­skuldigde (Gotlieb) rig 'n pistool op my man. “'Jy het my man geskiet!'” het sy geskree.

“Hy het na my gekyk en geantwoord: 'Shut up, of ek vermoor jou ook.'”

Volgens Möller is sy en haar man na die kantoor geneem, waar sy gedwing is om twee kluise oop te sluit. Hul aanvallers het die egpaar toe vasgebind terwyl hulle die huis vir buit deursoek het.

Möller het haarself later losgewoel en hulp ontbied. Haar man het die volgende dag aan sy skietwond beswyk.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!