Weefselmonsters dae later nooit getoets
Henriette Lamprecht – Honderde weefselmonsters wat in Windhoek vir toetse vir Covid-19 na die Nampath-laboratorium in die hoofstad gestuur is, is dae later onaangeraak hier gevind.
Dit nadat mense vir dae en selfs meer as ’n week op uitslae gewag het en personeel by die Nasionale Opleidingsentrum (NHTC) langs die Hage Geingob-kampus noodgedwonge ondersoek gaan instel het. Honderde mense stroom na die sentrum om getoets te word en ook hul uitslae te ontvang, net om ure in rye – sonder enige sosiale afstand – hul beurt af te wag. Baie van die mense moes noodgedwonge by die werk vir dae verlof insit, omdat hulle nie sonder ’n negatiewe toets kan terugkeer werk toe nie.
Een van die vroue wie se uitslag ná meer as ’n week steeds nie bekend is nie, sê sy het haar laat toets omdat haar dogter in die koshuis in kontak was met ’n maat wat positief was.
“Daar is vreeslik baie mense en van hulle is siek. Mense staan teen mekaar en daar is geen sosiale afstand nie,” het sy gesê.
Met haar aankoms 06:00 was daar volgens haar reeds mense wat in rye gewag het. ’n Suster by die sentrum het aan die wagtendes gesê hulle het by Nampath gaan ondersoek instel waar die uitslae was en dat sowat ’n 1 000 weefselmonsters wat by die sentrum geneem is, nog “onaangeraak” was.
Volgens die suster is die betrokke weefselmonsters nou in groepe verdeel en na ander laboratoriums vir toetsing gestuur. Sy het mense aangeraai om ná “drie tot vier dae” terug te keer vir hul uitslae.
Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het in ’n kennisgewing gesê dié sentrum sowel as die Katutura-gemeenskapsaal is net vir mense wat nie siek is nie, wat getoets wil word. Siek pasiënte met Covid-19-simptome moet by die Robert Mugabe-kliniek vir toetse gaan aanklop.
Intussen het ’n groep van 167 Namibiërs en wat van gesondheids- (sowat 90) en regslui tot politici en die man op straat insluit, ’n ope brief aan die gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, gerig omdat dit duidelik is “Namibië het nie entstowwe nie”.
Ook dat “die hoop dat die kolonialiste en of neo-kolonialiste entstowwe gaan skenk, nietig en leeg is”.
Dit volg nadat entstowwe gister nie op Walvisbaai en Swakopmund beskikbaar was nie.
In ’n brief gister deur Metcalfe Beukes Attorneys dring hulle op verskeie antwoorde aan, soos onder meer die hoeveel entstowwe wat tans beskikbaar is, watter oplossing en of medikasie die ministerie beskikbaar het om die entstowwe te vervang of te ondersteun wanneer dit nie meer vir die hele bevolking beskikbaar is nie en of die ministerie enige gebeurlikheidsplanne in plek het om bykomende of alternatiewe middels tot entstowwe aan te koop.
“Op 18 Junie is ’n totaal van 101 933 Namibiërs met ’n eerste dosis Sinopharm of AstraZeneca ingeënt. In ’n bevolking van 2,4 miljoen het julle 4% van die bevolking met die eerste dosis en 1% van die bevolking met die tweede dosis ingeënt. Dit beteken net 1% van die bevolking is ten volle ingeënt. Sou jy drie maande vat om net 1% ten volle in te ent sedert 17 Maart, gaan julle teen die huidige koers 297 maande (byna 25 jaar) nodig hê vir die hele bevolking,” lui die brief.
Luidens die brief is niemand teen inenting gekant nie, maar geen persoon gaan toelaat dat Shangula, “oneerlik” voorgee “jy het voorkomende entstowwe waar jy nie het nie of dat dit (inentings) eers lank na jou dood in 25 jaar eers voltooi gaan wees nie”.
Dit verwys ook na die gebruik van ivermektien wat “blyk” een van die doeltreffende wapens saam met inenting in die stryd teen Covid te wees.
Volgens die brief is dit duidelik uit wetgewing dat dit voorgeskryf en plaaslik saamgestel kan word as behandeling, maar die groothandel beskikbaarheid is steeds onderworpe aan ’n aansoek aan die Medisyne Beheerraad (NMRC).
Die brief rig vervolgens ’n versoek aan Shangula of hy ’n aansoek vir noodregistrasie van ivermektien as een van die goedkoop en geredelik beskikbare medikasies sal oorweeg om Covid te bestry.
Dit maak dit ook duidelik die brief is gebaseer op wat “duidelik is vir die gesondheidswerker en die man op straat”.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie