Week van goeie nuus vir Capricorn
Koop banke in Botswana, Zambië
Jo-Maré Duddy - Met ''n sluitingsprys wat Vrydag 20c per aandeel hoër as dié van die vorige een was, was Capricorn Investment Group (CGP) verlede week die uitblinker op die plaaslike indeks van die Namibiese aandelebeurs (NSX).
Capricorn het verlede week op N$17,50 per aandeel geëindig.
Dié groep het in die week onder oorsig twee brokkies goeie nuus gehad: Capricorn (voorheen Bank Windhoek Holdings) het Donderdag aangekondig dat dit die beherende aandeel in Bank Gaborone in Botswana en Cavmont Bank in Zambië gaan bekom. Die waarde van dié transaksie is sowat N$428,8 miljoen.
Die transaksies is onderhewig aan onder meer goedkeuring van die regulatoriese owerhede in Namibië, Botswana en Zambië. As dit die groen lig kry, geld die transaksie vanaf 1 Januarie volgende jaar.
Global Credit Rating het verlede week ook sy graderings en vooruitsig vir CGP bevestig. Dié internasionale kredietgradeerder het sy korttermyngraderings van A1+ vir Capricorn en Bank Windhoek bevestig. Die langtermyngraderings – wat wissel van AA tot A+ - vir beide instellings is ook bevestig. Al die graderings val in GCR se topvlak. Beide Capricorn en Bank Windhoek het hul vooruitsig as “stabiel” behou.
Net Capricorn kon verlede week op die plaaslike indeks met ''n hoër sluitingsprys spog, terwyl drie ander maatskappye teruggesak het.
Die grootste weekverloorder op dié indeks was Bidvest Namibia Ltd, wat 9c per aandeel of 0,9% laer as die vorige week gesluit het. Bidvest het Vrydag op N$10,19 per aandeel geëindig.
Oryx Properties Ltd het met 8c per aandeel of 0,4% teruggesak en op N$21,17 stuk gesluit. FNB Namibia Holdings het 2c stuk laer op N$47,88 per aandeel geëindig.
Meer as N$3,4 miljoen se aandele is verlede week in totaal op die plaaslike indeks van die hand gesit vergeleke met bykans N$34,4 miljoen die vorige week. Net Namibia Breweries Ltd en FNB se totale verhandeling was N$1 miljoen en meer: In totaal het meer as N$1,03 miljoen NamBrew-aandele van hande verwissel, terwyl FNB se weekverhandeling bykans N$1,01 miljoen was.
Ander verhandeling op die plaaslike indeks was: Bidvest (N$784 630); Capricorn (N$349 400); Oryx (N$237 104) en Namibia Asset Management (N$26 625; sluitingsprys 75c stuk).
Die plaaslike indeks het Vrydag op 543,85 punte gesluit, sowat 0,84% laer as die vorige week.
Op die algehele indeks van die NSX is meer as N$94,2 miljoen se aandele in totaal verlede week verhandel teenoor bykans N$213,9 miljoen die vorige week. Dié indeks het in die week onder oorsig met 3,57% verstewig en het Vrydag op 1 093,53 punte gesluit. Die JSE se indeks van alle aandele het verlede week met 3,34% versterk.
Die weekwenner op die algehele indeks was Trustco Group Holdings. Dié Namibiese groep het Vrydag op N$3,60 per aandeel geëindig, 40c stuk of 12,5% hoër as die vorige week.
Paladin Energy Ltd was die grootste weekverloorder op die algehele indeks. Dié meerderheidsaandeelhouer in die Langer Heinrich-uraanmyn se sluitingsprys was 67c per aandeel, 9c stuk of 11,8% laer as die vorige week.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie