Weer die u2018duisteru2019 uur af
Weer die u2018duisteru2019 uur af

Weer die ‘duister’ uur af

Dani Booysen
Dani Booysen - Maandag se byna landwye kragonderbreking het opnuut Namibië se kwesbaarheid op die gebied van elektrisiteitvoorsiening uitgewys.
Die onderbreking het op plekke ure lank geduur.
Met lae kragtoevoer uit Suid-Afrika en Zambië moes ’n ekstra turbine by die Ruacana-krag-stasie geaktiveer word, wat toe weens die laer kilovolt-transmissielyn waardeur die bykomende elektrisiteit moes stroom, krag in die grootste deel van die land laat afskop het.
Vir die ekonomie en produk-tiwiteit is sulke gebeure uiters ondermynend.
Die kragtekort in die substreek is al vir baie jare algemene kennis. Die verskeie beplande projekte om meer elektrisiteit in Namibië op te wek, is minstens ewe lank en selfs al baie langer op die agenda.
Tydens sy begrotingsmotivering het die minister van myne en energie onlangs opnuut teen die land se afhanklikheid van buitelandse kraginvoere gewaarsku. Met die hele land wat voorts grootliks op die Ruacana-stasie staatmaak, is dit logies gesproke ’n “ongeluk” wat wag om te gebeur. Soos hierdie week bewys is.
’n Herhaling – weens ander faktore – is nie uitgesluit nie.
Buiten om nuwe opwekkingsprojekte op die sneltrajek te plaas, is dit ewe belangrik dat ondersteunende infrastruktuur soos transmissielyne die land se kragnetwerk optimaal kan bedien.
Vir lank word dag in en uit oor Namibië se kragprobleme gesels. Die vraag is wat regtig pragmatiese en proaktief in al hierdie tyd gedoen is om die spreekwoordelike duister uur af te weer.

So sê ander
19 April 2016

Wie dink Zuma gaan hom glo oor Grondwet?

Pres. Jacob Zuma se uitlating die naweek dat ’n stem vir die ANC ’n stem vir die Grondwet is, is darem net te dik vir ’n daalder.
Presies wie dink Zuma gaan hom glo? Vergeet hy al klaar die konstitusionele hof het net verlede maand bevind dat hy die Grondwet in sy hantering van die openbare beskermer se Nkandla-verslag oortree het? Sy skynheiligheid is veral verbysterend as in gedagte gehou word dat hy juis berugtheid verwerf het met sy wilde stellings wat die aansien van die regbank, die skeiding van magte en ’n lang lys grondwetlike beginsels ondergrawe.
Eerder as om goedkoop verkiesingspraatjies te maak, moet Zuma en die ANC tot die besef kom hoe tragies dit is dat die politieke beweging wat die stryd om grondwetlike demokrasie in Suid-Afrika gelei het, nou in ’n voorste ondermyner daarvan ontaard het.
• NETWERK24

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer