Weer vir 14 Julie 2016
Elvira Hattingh
Namibiese vroue byt meestal die spit af weens ’n tekort aan kos deur maaltye oor te slaan, minder te eet of hul maaltye kleiner te maak, toon navorsing.
Terselfdertyd is bevind in 2013 en 2014 het 76,4% Namibiërs ’n tekort aan kos gehad.
Kenners sê egter sou vroue wêreldwyd groter toegang tot grondbesit, onderrig en tegnologie gehad het, sou tot 100 miljoen méér mense gevoed kon word.
Die statistieke is gister bekend gemaak tydens die bekendstelling van die Konrad Adenauer-stigting se spesiale inisiatief genaamd “Vir ’n wêreld sonder honger II: Die versterking van grondbesit en regte tot die gebruik van grond onder vroue in Afrika suid van die Sahara”.
“In Namibië staan vroue aan die hoof van sowat 54% van landbouhuishoudings in kommunale gebiede en die groter deel van bestaansboerdery is hul verantwoordelikheid, maar minder as 20% van alle titelaktes vir grond in Afrika suid van die Sahara word aan vroue toegeken,” het me. Stefanie Braun, die projekbestuurder van die Konrad Adenauer-stigting, tydens die geleentheid gesê.
“Die Verenigde Nasies (VN) se Voedsel- en Landbou-organisasie (FAO) het vasgestel dat sou toestande verbeter sodat vroue groter toegang tot grond het, kan landbouproduksie met tussen 20% en 30% verhoog.
“Tans ly sowat 800 miljoen of een uit elke agt mense wêreldwyd honger. In die 70’s het kenners reeds gesê benewens natuurlike toestande soos droogtes, peste en storms, speel ekonomiese, sosiale en politiese faktore ook ’n rol in die produksie van kos.
“Die landbousektor onderpresteer in verskeie lande omdat vroue nie gelyke toegang tot hulpbronne en geleenthede het nie,” het Braun gesê.
“In Namibië is altesaam 40% van die bevolking afhanklik van bestaansboerdery of ander informele aktiwiteite.” Sy het statistieke uit die Namibië Statistiekagentskap (NSA) se landbousensus van 2013-2014 aangehaal.
Braun sê egter ook Namibië dien as rolmodel vir die wêreld rakende sy wetlike raamwerk wat vroue en hul regte tot grond betref en het na artikel 10 van die Grondwet, die Nasionale Grondbeleid van 1998, die wet op plaaslike owerhede en die kommunale grondhervormingswet verwys.
“Ten spyte van die positiewe wetlike raamwerk, het Namibiese vroue egter steeds nie gelyke toegang tot grond nie,” het Braun gesê.
Die Konrad Adenauer-stigting se mnr. Reinhard Willig het gesê die projek word plaaslik in samewerking met die Universiteit van Namibië (Unam), die Regshulpsentrum (LAC) en die Vroue-aksie vir Ontwikkeling (WAD) begin en sal tot Desember 2019 voortduur.
Unam sal voorts ’n studie oor die bestaande toestand van Namibiese vroue en hul toegang tot grond onderneem, terwyl die LAC betrokke sal wees in die onderrig van vroue oor hul regte deur onder meer radioprogramme en inligtingsboekies. WAD sal mense oplei wat op die beurt vroue in kommunale gebiede moet oplei en slypskole aanbied.
In Namibië sal die projek daarop fokus om vroue in die Omusati-, Oshana-, Ohangwena- en Oshikoto-streek beter oor hul regte tot grond in te lig, tradisionele owerhede help om die landswet toenemend meer toe te pas wat betref vroue se toegang tot grond en politieke besluitnemers lei om die basiese behoeftes van vroue in grondhervormingsinisiatiewe in ag te neem.
Volgens Willig word die projek ook in Malawi, Zimbabwe, Benin, Butkina Faso en Togo van stapel gestuur.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie