Weer vir 23 Augustus 2016
Weer vir 23 Augustus 2016

Weer vir 23 Augustus 2016

Francoise Steynberg
Die geliefde oudonderwyseres en dosent, me. Dolly van Wyk, het Donderdag 18 Augustus op die ouderdom van 77 jaar gesterf aan komplikasies wat ná longontsteking ingetree het.
Sy was ’n nooi Le Roux uit die Vrystaat toe sy op die Suidwester, Herman van Wyk, se mooi stem verlief geraak het.
Hulle is in 1961 getroud en so begin sy haar lang en kleurvolle loopbaan as onderwyseres in Otjiwarongo. Haar dogter, Sanet Prinsloo, vertel dat haar ma van die begin af vriendskapsbande gesmee het wat ’n leeftyd geduur het.
“Sy was ’n briljante Engelse onderwyseres, maar effe ‘anti-establishment’. Sy was die een wat ’n skelm dampie geslaan saam met die skoolseuns en hul voorraad in haar kas versteek het,” vertel Prinsloo.
Die Van Wyks het in 1963 na Windhoek verhuis waar sy by Laerskool Eros saam met “Mr. Anthony” skoolgehou het.
Hy onthou haar vir die manier waarop sy ’n gehapte koppie teen die muur stukkend gegooi het en aangedring het op nuwe breekgoed vir die teekamer.
Sy skuif later oor na WHS en hier trap sy diep spore aan die sy van haar geliefde skoolhoof, oom ET Meyer.
“Dolly het nie net vir kinders skoolgegee nie, sy het hulle aangeneem en in haar hart gedra. Die bekende prof. DAP Louw kom kuier steeds elke jaar vir sy ander ‘ma’, al is hy ’n oupa van Bloemfontein.
“Sy het haar mede-onderwysers se lewens opgekikker met haar skerp sin vir humor. Met Dolly in die omtrek was daar ’never a dull moment,’” onthou Prinsloo.
“Op ’n dag storm die befoeterde mnr. Piet Scholtz by haar verby op die stoepe van WHS, en dring kwaai aan op haar uitstaande punte. Sy druk haar bors uit en vra of hy die linker of regter een verkies.
“As sy en die onvergeetlike Emmi Meyer eers langs mekaar land, kon jy maar net hoop dat julle aan dieselfde kant is, want dan het die kwinkslae gevloei. Hul was olie vir mekaar se vure.
“Sy het ’n onblusbare dors na kennis gehad en in haar later jare het sy ook ’n graad in sielkunde behaal en gespesialiseer in kriminologie. Blokraaisels was haar kos en sy het biblioteke deurgelees. Laurika Rauch en Coenie de Villiers kon haar meevoer.
“Haar liefde vir boeke is waarom sy later ’n bibliotekaresse geword het. Sy het nog by die ou Emma Hoogenhout oorkant WHS die biblioteek vasgevat en hulle help trek na die nuwe skool in Hochlandpark. Hier raak sy verveeld en begin met klavierlesse, ‘Mini Steps 1’, by Jeanne Scott. Haar worshond het die pos as hulp in die biblioteek gekry en vrolik deur elke musiekles gesing.
“Sy was later ook ’n lektrise by die Windhoekse Onderwyskollege. Sy sluit haar kleurvolle onderwysloopbaan af by Eros Meisieskool waar die dogters haar hart sag maak.
“Dolly was baie lief vir mooi goed en het talle kunstenaars onder haar vriende getel. As sy eers haar lang, pers crimplene rok aangetrek het en haar ‘bee hive’ gekam het, was dit ’n deurnag dans by die ou Berg hotel of die Grand hotel.
“Dolly het ’n baie groot hart gehad en was so goed vir soveel mense oor soveel jare. Sy het ’n ontelbare aantal vriende van alle ouderdomme wat oral oor die wêreld gesaai is. Sy was baie lief vir reis en ek is seker sy is baie opgewonde oor die nuwe stempel in haar paspoort ‘DIE HEMEL.’”
Sy laat haar man, Herman van Wyk en suster Julie Botma; haar dogter, Sanet Prinsloo en Kobus, Jak, Herman en Rudi; haar seun Stefan van Wyk, Denise, Yasmine, Steffie en Herrie en haar dogter ‘van ’n ander ma’, Soleil Prollius, agter.
Die begrafnis vind Woensdag 24 Augustus om 18:00 uit die NG moedergemeente in Windhoek plaas.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!