Weerkantoor waarsku teen ryp, koue
Die Namibiese weerkantoor het ‘n weerwaak uitgereik vir reën en donderstorms vandag en môre in die ||Kharasstreek, terwyl ryp plek-plek in die Suide en sentrale dele van die land verwag word.
Ook word temperature van digby vriespunt vanaf môre in die ||Kharasstreek verwag. Die koue sal na verwagting teen môre en Vrydag ook na die Hardap-, Khomas- en Omaheke-streek versprei.
‘n Vars- tot sterk wind kan vanaf môre in die binneland verwag word. Namibiërs word gemaan om die nodige voorsorgmaatreëls te tref.
Dit volg ná ‘n kompakte kouefrontstelsel vanuit ‘n naby-geleë moederstelsel ontwikkel het. Dit het digby die vasteland gevorm, met uitgebreide ondersteuning in die bo-lug.
Volgens die nieregeringsorganisasie LandWater, wat satellietfoto's wetenskaplik ontleed en interpreteer, het die stelsel eintlik ‘te naby’ aan die land ontwikkel. Dit sal uiterste weersomstandighede vandag en môre dryf, word verduidelik.
LandWater het die stelsel informeel Storm Wolf gedoop, met sy ‘ma’ net ‘n ent verder suid oor die oseaan.
“Dit is nie 'n groot frontale stelsel óf ‘n klassieke ‘winterkouefront’ nie, maar die impak hiervan is en gaan groot wees, te danke aan die stelsel se nabyheid aan die land.
“Na verwagting sal die stelsel merkwaardige reën, maar moontlik ook kwaai windskade vir die Kaap kan beteken.”
Sterk reënneerslae is reeds vanoggend by Dwarsberg in die Kaap ervaar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie