Weerlig halt Junias-hofsaak
Boks
Die Namibiese amateurbokser Junias Jonas sal steeds geduldig moet bly voordat enige aanduiding verwag kan word oor wanneer hy na sy geboorteland sal mag terugkeer.
Die aanvang van sy hofsaak in Rio de Janeiro, Brasilië het Woensdag 'n onverwagse wending geneem en moes noodgedwonge tot volgende week uitgestel word.
Die ligte is deur weerlig uitgeslaan wat beide die buurt se kragtoevoer en die hof se kragopwekker uitgeskakel het.
Die gebore Swakopmunder staan op 'n klag van verkragtig tereg wat spruit uit 'n beweerde voorval by die Olimpiese atletedorpie tydens die Rio 2016 Spele laas Augustus.
Volgens dié land se regstelsels word verkragting en seksuele teistering oor dieselfde kam geskeer. Die Namibiër se kamp het uit die staanspoor ontken dat hy hom aan enige sodanige misdryf skuldig gemaak het.
Beide die klaagster ('n skoonmaker in die Olimpiese atletedorpie) en enkele getuies se verklarings is Woensdag afgeneem en Jonas was met kruisverhoor besig, toe die kragonderbreking die verrigtinge kortgeknip het.
Die hervatting van die verhoor is gevolglik tot komende Dinsdag, 31 Januarie geherskeduleer.
Die Namibiese Nasionale Olimpiese Komitee het beloof om die media en landsburgers op die hoogte van verwikkelinge te hou sodra hulle verdere inligting van die regsverteenwoordigers in die Brasiliaanse kusstad kry.
Junias is sedert die beweerde voorval in die sorg van die Namibiese ambassade in Rio de Janeiro vrygelaat – al was dit eers douvoordag op die oggend van sy openingsgeveg by die Olimpiese Spele, waar hy met punte verloor het en uitgeskakel is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie