Weerlig slaan 17 skape in Kalahari dood
Hoewel Jannie Barnard wat naby Koës in die Kalahari boer baie dankbaar is oor die 19 mm reën wat Dinsdag op sy plaas uigesak het, het die donderweer ook ’n gróót verlies tot gevolg gehad.
Die weerlig het ’n trop van 17 skape doodgeslaan toe dit die boom waaronder die skape gestaan het, getref het.
Barnard het die dooie skape in ’n massagraf begrawe.
Volgens Frikkie Mouton, sy vriend wat die foto’s vir Republikein gestuur het, begin die karkasse van ’n dier wat deur weerlig doodgeslaan is, onmiddellik verrot. “Nie eens die aasvoëls vreet daaraan nie.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie