Weerlig slaan twee kinders dood
Weerlig slaan twee kinders dood

Weerlig slaan twee kinders dood

Tanja Bause
Twee kinders is Saterdag omstreeks 18:00 op Eenhana dood nadat hulle deur weerlig getref is.

Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag is Veronika Jeremia (4) en Toini Nanghonda (6) op die toneel dood. Die polisieondersoek duur voort.

Mnr. Tulela Hamukoto (22) is Sondag omstreeks 06:00 in Eenhanastraat in die Havana- informele nedersetting in Windhoek doodgeskok. Hy was glo besig om kragdrade te knip en is op die toneel dood.

Menslike oorskot is in ’n erf by ’n huis in Otjomuise gevind. ’n Negentienjarige man het glo Saterdag omstreeks 10:00 in die grond gegrawe en op die oorskot afgekom. Die polisieondersoek duur voort.

Mnr. Elifas Shipila (28) is met sy aankoms Vrydag om 21:20 by die hospitaal in Khorixas dood verklaar. Na bewering is hy deur ’n 16-jarige verdagte met ’n kombuismes gesteek. Die polisie se ondersoek duur voort.

Vrydag omstreeks 14:00 is ’n 39-jarige vrou in die Okatuuo- informele nedersetting op Opuwo in die besit van nege pakkies dagga ter waarde van N$14 300 in hegtenis geneem.

In Gibeon is ’n 26-jarige vrou glo deur ’n 33-jarige man verkrag. Die voorval het Saterdag omstreeks 06:00 plaasgevind en niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Drie mans is Vrydag op die plaas Kamkoes in hegtenis geneem nadat hulle glo 27 skape ter waarde van N$48 600 vanaf die plaas gesteel het. Die skape is teruggevind en die polisieondersoek duur voort.

’n Man is glo Saterdag om 12:25 in Brakwater deur twee gewapende mans beroof. Die verdagtes was met ’n panga en tradisionele mes gewapen. Hulle het die man van ’n CZ-pistool ter waarde van N$15 000, twee selfone onderskeidelik ter waarde van N$19 000 en N$22 000, N$2 500 kontant en ’n Toyota-bakkie beroof. Die bakkie is later in die omgewing gevind. Die polisieondersoek duur voort en niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!