Weerlig vernietig Telecom-dienste by Omaere
Die Telecom-aanleg by Omaere, 50 km oos van Gobabis, het onlangs afgebrand, wat boere en omliggende inwoners sonder kommunikasiedienste gelaat het.
Ondersoeke dui aan die brand is deur weerlig veroorsaak.
Die aanleg het op 5 November aan die brand geslaan en groot skade, wat miljoene sal kos om te herstel, is aan die toerusting aangerig. Alle landlyne, internet-, stem- en data-dienste by Omaere en in omliggende gebiede is dus buite werking. Dit sluit in alle TN Mobile, MTC en die direktoraat van burgerlugvaart se dienste.
Telecom Namibia sê duur toerusting en bedrading het in die slag gebly en hy hoop om die aanleg binne die volgende drie maande weer in werking te hê.
“Ons ingenieurs en tegnikusse werk voortdurend om die probleem so gou as moontlik op te los,” lui ’n verklaring wat deur Telecom Namibia uitgereik is.
In die tussentyd kan kliënte van alternatiewe dienste gebruik maak. Dit sluit in die deurskakeling van stem- en faksdienste na alternatiewe nommers soos deur die kliënt bepaal en kliënte wat van breëband data-dienste gebruik maak en binne die TN Mobile-opvangsgebied val, kan moontlik van dié diensverskaffer se toerusting voorsien word. Skakel 062 566 300 vir hierdie dienste.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie