Weermag slaan terug
Die ministerie van verdediging is keelvol vir negatiewe beriggewing en versinsels, sê die waarnemende weermaghoof.
Denver Kisting
Die Namibiese weermag het gisteroggend by monde van adjunkmaarskalk Martin Pinehas gesê hy is moeg vir die gebrek aan respek vir soldate.
Dit is ook onaanvaarbaar vir politici om hulle aan die weermag se beleid en prosesse af te vee, het die waarnemende weermaghoof gesê.
Pinehas het veral onder mnr. McHenry Venaani, leier van die Popular Democratic Movement (PDM), ingeklim.
Volgens hom sal hulle geen politieke inmenging duld nie.
Ander lande is trots op hul weermag en bejeën soldate met eerbied, maar nie Namibië nie, het Pinehas gesê.
'Verkeerde prentjie'
Die negatiewe berigte – ook in die sosiale media – oor die besetting van die weermagplaas Etiro by Karibib is niks anders as 'n poging om die weermag se reputasie skade te berokken nie, sê hy.
Die berigte skets ook “'n verkeerde prentjie oor die interne veiligheidsituasie”, het hy gesê.
Geskiedenis
Pinehas sê nie alle militêre geriewe uit die vorige bedeling is ná onafhanklikwording aan die weermag oorgedra nie “omdat sommige onwettig aan individue bemaak is”. Volgens hom sluit dit plase en huise in.
Gevolglik beskik die weermag nie oor genoeg geriewe nie, sê hy.
“Dit is hoekom Etiro en Oropoko gekoop is.”
Hy sê soldate moet gereeld opleiding ondergaan om die gebruik van toerusting onder die knie te kry en saam te werk “om as een eenheid te veg wanneer die behoefte ontstaan”.
Soldate moet hul taktieke oefen in ruimtes wat 'n oorlog naboots, sê hy.
Die areas wat tans vir opleiding gebruik word, kan derhalwe nie bewoon word nie, het Pinehas gesê.
In die verlede het hulle kommunale boere toegelaat om hul diere op opleidingsgrond te laat wei, sê hy.
Hulle berou egter dié besluit, sê hy.
“Die teenwoordigheid van die boere in ons opleidingsareas belemmer ons werksaamhede en daar sal teen dié boere opgetree word.”
Etiro
Kommunale boere het in Maart vanjaar reeds dié grond begin beset, sê Pinehas.
Weens die voortslepende droogte was die weermag aanvanklik toegeeflik, maar toe hy sy oë uitvee, was daar meer as 1 000 beeste en meer as 30 krale, sê hy.
Volgens hom moes die weermag boere toe beveel om hul diere te verwyder, wat tot 'n kat-en-muis-speletjie gelei het.
Venaani se onlangse besoek aan dié plaas was olie op die vuur, sê hy.
Volgens hom het die politikus soldate sonder respek behandel. Hy het glo selfs sy vinger in soldate se gesigte geswaai en hulle beledig.
Geweld ontken
Pinehas het gister enige geweld aan die hand van die Namibiese weermag ontken.
Trouens, sê hy, leuens en versinsels oor geweld word gebruik om die weermag se naam swart te smeer.
Oor bewerings van geweld tydens Operasie Hornkranz en Kalahariwoestyn het hy gesê dit sal lank duur voor die ondersoeke daarna afgehandel word.
Volgens hom het klaers geen besonderhede verskaf nie.
Namibiërs moet besef dit is te danke aan die weermag se bestaan dat hulle daagliks hul gang met gemoedsrus kan gaan, sê hy.
“Ons moet hulle (die weermag) respekteer. Ons doen daagliks ons ding, omdat ons in ons agterkoppe weet daar is mense wat ons veiligheid waarborg.”
Venaani het verlede week op 'n nuuskonferensie in Windhoek gesê lede van die PDM was in die Erongostreek waar hulle onder meer tussen Omaruru en Karibib oornag het.
Hy het toe gesê lede van die weermag kraai koning op hervestigingsgrond.
Gister se nuuskonferensie kom nadat vyf sake van aanranding teen soldate by die polisie aanhangig gemaak is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie