Weermag trek skouers op
Die storm wat woed oor die skietdood van ’n lid van die publiek, kry momentum.
Denver Kisting – Talle Namibiërs is die josie in oor wat sommige as die militarisering van die land se strate bestempel.
Maar die Namibiese weermag (NDF) trek skouers op oor ’n voorval waartydens ’n lid van die publiek glo aan die hand van ’n soldaat gesterf het.
Die NDF het gister by monde van sy woordvoerder, lt.kol. Petrus Shilumbu, gesê hy is nie in beheer van die omstrede Operasie Kalahariwoestyn nie – die polisie is.
Sy opmerkings kom te midde van ’n versoekskrif wat tans die ronde doen en waarin die regering gevra word om onmiddellik die teenmisdaadoperasie te staak.
Dr. Alfredo Hengari, die presidensiële woordvoerder, het gister by navraag gevra: “Hou jy op om misdaad te bekamp vanweë een betreurenswaardige noodlottige skietvoorval van ’n lid van die publiek? Die mikpunt van die operasie om Namibiërs teen misdaad te beskerm moet derhalwe stopgesit word?”
Die president van die amptelike opposisie, die Popular Democratic Movement (PDM), mnr. McHenry Venaani, het Vrydag gesê: “As die voorsitter van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) moet pres. Hage Geingob verduidelik hoekom ’n Zimbabwiese burger soos ’n dier deur sy soldate geskiet is.”
Korporaal Gerson Nakale (38) het Vrydagoggend ’n eerste verskyning in die Windhoek-landdroshof in Katutura op aanklag van moord gemaak.
Hy het glo omstreeks 01:00 die vorige dag vir mnr. Fambauone Black, ’n Zimbabwiese taxibestuurder, doodgeskiet.
Volgens hoofinsp. Kauna Shikwambi, ’n polisiewoordvoerder, het Black voor ’n Operasie Kalahariwoestyn-padblokkade in Monicastraat in Katutura omgedraai en weggejaag.
Dié padblokkade is deur Nakale en ’n lid van die polisie beman toe die soldaat glo ’n skoot afgevuur het wat Black in die kop getref het.
Hy is op die toneel dood.
Tydens Nakale se kort hofverskyning het hy gesê hy benodig ’n staatgefinansierde prokureur.
Die saak is tot 15 Oktober vanjaar uitgestel vir verdere polisieondersoek en die verwerking van Nakale se aansoek om regshulp.
Die staat het suksevol borgtog teengestaan weens die openbare belang, die moontlikheid dat Nakale met staatsgetuies kan inmeng, die administratiewe bestuur van geregtigheid en omdat die ondersoek nog in ’n vroeë stadium is.
Sou hy vroeër op borgtog vrygelaat wou word, moet hy ’n formele aansoek bring, het die hof gelas.
Nakale word by die polisiestasie op die Internasionale Lughawe Hosea Kutako aangehou.
Mnr. Norman Tjombe, ’n plaaslike menseregteprokureur, het gister die petisie verwelkom om die operasie te skrap. “Baie goeie inisiatief. Mense neem beheer van dít wat hulle raak.”
Me. Toni Hancox, die direkteur van die Regshulpsentrum (LAC), sê die petisie is ’n aanduiding van die vlak van kommer en moontlik vrees wat tans onder die publiek heers. “Die regering moet optree om te wys hy verstaan die geldigheid van die kommer. Hy moet minstens die betrokkenheid van die NDF opskort en ordentlik ondersoek instel of dit geskik is vir die NDF om betrokke te wees.”
Die Windhoekse prokureur mnr. Trevor Brockerhoff sê die noodlottige wending verbaas hom nie. “Ja, ek het geweet iets soos dit sou gebeur; daarom my standpunt teen die militarisering van ons strate.”
Brockerhoff sê hy steun die petisie.
Mnr. Jan van Wyk, die visepresident van die United People’s Movement (UPM) en ’n lid van die Nasionale Vergadering (NV), sê sy party eis ook dat Geingob dadelik die weermag aan die operasie onttrek.
Hy waarsku selfs dat die betrokkenheid van die weermag ’n negatiewe uitwerking op die presidensiële - en NV-verkiesings later vanjaar kan hê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie