Weermaglid vir bedrog vasgetrek
'n Lid van die Namibiese weermag (39) is op Walvisbaai vir beweerde bedrog, diefstal onder valse voorwendsels en vervalsing vasgetrek.
Volgens die jongste misdaadverslag het die weermaglid na bewering slagoffers bedrieg deur onder meer vals doopregistrasiesertifikate uit te reik.
"Die verdagte het 'n amptelike stempel van die NDF gebruik. Die stempel en die dokumente, sowel as N$1 600 in kontant is by hom in die Tutaleni-nedersetting gevind," lui die verslag. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie