Weermodelle wys Suider-Afrika gaan braai
Weermodelle wys Suider-Afrika gaan braai

Weermodelle wys Suider-Afrika gaan braai

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Indien die hoeveelheid kweekhuisgasse in die atmosfeer teen die huidige tempo toeneem, kan temperature in Suider-Afrika teen die einde van die eeu met 5 tot 7°C styg.
Dit sal meebring dat die dagtemperature oor die sentrale noorde van die land vir 180 tot 210 dae van die jaar bó 35°C kan wees.
Daarmee saam wys weermodelle hierdie kweekhuisgas-scenario kan teen die einde van die eeu tot ’n 30% afname in reënval oor Suider-Afrika lei.
Dié inligting het aan die lig gekom tydens ’n aanbieding oor die verskillende klimaatveranderingsmodelle vir Namibië tydens die Namibiese Weidingsforum se konferensie op Otjiwarongo.
Marina Coetzee van die skool vir natuurlike hulpbron- en ruimtelike wetenskappe aan die Politegnikum van Namibië, sê volgens die jongste verslag van die Interregeringspaneel oor Klimaatverandering (IPCC) lyk dit nie of Suider-Afrikia se reënval in die afsienbare toekoms gaan verander nie. Die inligting van 42 verskillende weermodelle is gebruik om die verslag saam te stel.
Al die modelle dui daarop temperature gaan styg en dat lande in suidelike Afrika hulle kan regmaak vir heelwat meer bloedig warm dae per jaar as voorheen.
Om ’n styging van 5°C in die gemiddelde temperature oor die streek in perspektief te plaas, het sy daarop gewys dat Europa tydens die laaste Ystydperk bedek was met ’n yslaag wat twee km dik was. “En die gemiddelde temperature was maar omtrent 4°C laer as nou.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!