Weerpatrone vertroebel landbouvooruitsigte
Bedryf gerat vir onsekerhede
Dr. Kobus Laubscher - Die Kamer van Landboubesighede in Suid-Afrika (Agbiz) se jongste verslag oor die onmiddellike en nabye vooruitsigte vir landboutoestande in die buurland dui op die impak van veral veranderde weerpatrone.
Dit is veral betekenisvol hoe die landbou die afgelope jare op veranderende weerpatrone gereageer het en wat strategies verwag kan word op primêre produksie of plaasvlak. Net so is daar ook veranderinge aan die handelskant, want in- en uitvoere moet die binnelandse mark balanseer.
Die weerpatrone het verander, beide binne seisoene en tussen seisoene.
Binne seisoene dui die jongste statistiek op moontlike verskuiwings in reënvalpatrone met reën wat later kom in die somer en wegbly as mielies in die kritieke bestuiwingstadium is. Daar is genoeg bewys van hierdie veranderinge soos dit wel dan die afgelope vier graanseisoene ervaar is.
Die huidige seisoen het laat begin vir veral die westelike produksiegebiede, maar welkome reën in Februarie het die huidige mielieoes na verwagting op 'n stewige 12 miljoen ton en meer te staan gebring.
Pryse is egter nie tans in die guns van die boere nie, want pryse neig laer as verlede jaar s'n wat reeds beduidend laer was as dié van die jaar vantevore. Laer pryse kom te midde van 'n redelike uitvoersurplus wat verwag word – weliswaar kleiner as verlede jaar se 2,4 miljoen ton se uitvoere. Dit gaan wel gepaard met 'n verswakkende Amerikaanse dollar wat die rand versterk. Oorsese uitvoere bring dus minder verligting.
Die positief van die versterkende rand is dat noodsaaklike en dollar-afhanklike invoere van insette soos olie, kunsmis, onderdele, ens. minder kos. Of hierdie prysbewegings die volhoubaarheid van primêre produksie voldoende kan aanvul, is te betwyfel. Wat eerder van belang is, is die veerkragtigheid van produsente om by veranderde weerstoestande aan te pas.
Minder hektare onder produksie beteken dat grondvog en ander risiko's beter bestuur kan word. Daarmee saam kom veranderde tegnologie soos verbeterde saad- en verbouingspraktyke wat die somme moet laat klop.
Suid-Afrika is 'n netto uitvoerder van landbouprodukte en het vir die eerste keer die US$10 miljard kerf oorskry – 15% méér as in 2016 en die gevolg daarvan was 'n positiewe handelsbalans vir 2017 van meer as US$3 miljard. Die aard van dié uitvoere toon ongelukkig groot afhanklikheid ten opsigte van produkte wat in die droogtegeteisterde Wes-Kaap geproduseer word. Die gevolg daarvan is dat die handelsbalans negatief beïnvloed kan word selfs al reën dit weer voldoende in die Wes-Kaap.
VLEISBEDRYF
Wat die vleisbedryf betref, kan die heropbouing van veekuddes tans die vollediger uitvoerstrategie vertraag. Die rede daarvoor is dat binnelandse pryse opgeweeg word teenoor uitvoerpariteit te midde van die sterker rand. Vleispryse het reeds die afgelope tyd binnelands begin daal. Of hierdie daling blywend is, sal die tyd leer.
Intussen gedy die invoer van pluimveeprodukte teen hier agtergrond, wat weer stremmend inwerk op die binnelandse vraag van insette soos graan en die vraag na rooivleis.
Dié gemengde vooruitsigte beteken dus dat tussentydse regstellings van meer pragmatiese aard behoort te wees. Strategiese vlugvoetigheid is die antwoord, want die landboubedryf in Suid-Afrika verkeer tans ook onder die swaard van enorme beleidsonsekerhede wat beslis negatief op beleggingsbesluite inwerk.
Dit is egter nie onvanpas om af te lei dat sou laasgenoemde bevredigend opgelos word, die Suid-Afrikaanse landboubedryf binne die hele waardeketting gerat en in staat sal wees om die ander onsekerhede doeltreffend te takel nie.
Die landboubedryf in Suid-Afrika het 'n bepalende impak op die voedselsekuriteit van die streek, veral teen die verklaarde voorneme van die nuwe politieke leierskap om na vrye handel te beweeg.
Daar moet dus deurlopend kennis geneem word van veranderinge, die impulse van hierdie veranderinge en die gepaardgaande risiko's daarvan.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie