Wees deel van die nominasieproses
DIE REHOBOTH BASTERGEMEENTE SKRYF:
Deur hierdie skrywe nooi die waarnemende kaptein en die verkiesingskomitee u hartlik uit om deel te wees van die nominasieproses van voornemende kapteinskandidate.
Om almal ’n gelyke kans te gun, beplan die kantoor van die RBG om ’n openbare vergadering te hou op 22 Maart 2021 om 10:00 op die Rehoboth-sportsgronde naby Spar.
Die beplande vergadering sal onderhewig wees aan alle bestaande Covid-19-reëls en -regulasies.
Die verkiesing van die kaptein van die Rehoboth Bastergemeente sal plaasvind op 24 April 2021 in terme van die Vaderlike Wette van 1872.
"Als opperste Bestuurder van de Burgers, word een uit hun midden als Kaptein gekozen en benoemd, die dit zyn ambt gedurende zyn leefstyd zal voeren, als niet krankheid of andere dringende omstandigheden hem verhinderen.
"In geval van overlyden van den Kaptein of als hy genoodzaakt zou zyn, zyn ambt te bedaken, moeten de Burgers dadelyk te zamen vergaderen eenen anderen Kaptein te kiezen en te benoemen.
"Voor den tyd dat de Burgers nog geenen niewen Kaptein gekozen en genoemd hebben zal de oudste van de twee Raadslieden (en wel de oudste in het ambt) die den Kaptein ter zyde staan, als Provisionele Kaptein het bestuur oorneemen.
"Tot Kapteins kiezing is ieder Burger geregtigt, die het volle burgerregt bezit.
"Stem geregtigt is ieder Burger die belastig betaald."
Ons nooi dus bestaande en voornemende lede van die Bastergemeente vriendelik uit om by die Kapteinskantoor te registreer. As registrasiefooi is ’n bedrag van N$100 betaalbaar.
Diegene wie dit moeilik vind om die volle bedrag te betaal, word versoek om N$20 tydens registrasie te betaal en die res in paaiemente. Verdere inligting sal gereeld aan almal deurgegee word.
Vir verdere navrae kontak gerus die voorsitter van die verkiesingskomitee, mnr. Hans Mostert, by 081 435 2650 of die onder-sekretaris, mev. Johanna Van Wyk, by 081 778 6632.
Die gedagte is om die nuwe kaptein te verkies en voor te stel by die Sam !Kubis-vieringe.
Ons dank u byvoorbaat vir u ondersteuning in hierdie belangrike saak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie