Wees u2019n sportheld en wen
Wees u2019n sportheld en wen

Wees ’n sportheld en wen

Geld wat op Loslitdag ingesamel word, sal ten bate van bejaardes aangewend word.
Tanja Bause
font face="Verdana" >

ont face="Verdana" >

Tanja Bause - Namibië sal op 27 September sy 24ste Loslitdag hou.

Die opbrengs hiervan sal aan die Namibiese Hulpfonds vir Bejaardes (Noah) geskenk word.

Volgens past. Isak Farmer van Noah is N$315 000 verlede jaar op Loslitdag ingesamel om bejaardes se mediese uitgawes te help dek.

“Ons kon 100 brille, 16 rolstoele en agt gehoorapparate aan bejaardes oorhandig. Die grootse behoefte elke jaar is aan brille en kunstande. Ongelukkig kon Noah die afgelope twee jaar nie met tande help nie omdat dit net te duur is. Ons moes die bejaardes ongelukkig na die staat verwys,” sê hy.

“Vanjaar hoop ons om N$400 000 in te samel. Die behoefte is 101 brille, agt gehoorapparate, agt rolstoele en 90 stelle kunstande.”

Volgens mnr. Gerhard Maasdorp, Noah se voorsitter, dra die fonds tot behoeftige bejaardes bó 60, wat nie aan ’n mediese fonds behoort nie, se uitgawes by.

“Ons tref geen onderskeid tussen ras, klas of geslag nie. Dit is baie ontstellend om te sien hoe baie bejaardes nie iets so eenvoudig soos ’n bril kan bekostig nie. Sonder ’n bril ly hul lewensgehalte daaronder,” sê Maasdorp.

Volgens hom ondersteun verskeie mediese praktisyns Noah en bied hul dienste teen ’n minimale koste aan.

Dit stel die fonds in staat om meer bejaardes te kan help.

“Ongelukkig is ons fondse baie beperk. Ons hou gedurende die jaar gereeld fondsinsamelings, maar ons streef daarna om ’n vaste maandelikse inkomste te verseker. Dit sal ons in staat stel om meer mense te help.

“Om dit te kan doen, het ons meer mediese praktisyns, hospitale en farmaseutiese maatskappye nodig wat hul dienste teen ’n minimale of geen koste aan Noah bied. Ons benodig ook individue wat finansieel bydra,” sê Maasdorp.

Op Loslitdag word mense aangemoedig om volgens die dag se tema aan te trek en ’n armband teen N$20 te koop.

Vanjaar se tema is “Sporthelde en -heldinne” en die armbande kan by Wimpy, Furnmart of Home Corp gekoop word.

Besighede wat die beste volgens dié tema aantrek, kan N$10 000 wen.

Die skool wat die meeste armbande verkoop, kan N$5 000 wen.

Noah het hul dank teenoor hul borge uitgespreek.

Hulle sluit in Wimpy (N$33 000), First National Bank Namibia (N$25 000), Namibia Health Plan en Medscheme (N$16 000 elk), en Alexander Forbes (N$15 000).

Hardap Freight Services sal die armbande landswyd versprei.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!