Wees realisties oor groenwaterstof-plan, sê kenner
Ronelle Rademeyer - Die ontwikkeling van Namibië se hernubare energierykdom moet omsigtig geskied.
Dit moet plaaslike vooruitgang bring eerder as om groot nywerheidslande te help om hulle doelwitte ten opsigte van klimaatneutrale energie te bereik nie.
“Namibië moet nie sy hulpbronne beskikbaar te stel bloot om dit vir nywerheidslande moontlik te maak om in hul skoon energiebehoeftes te voorsien nie.
“Om ander toe te laat om die ontwikkeling hier te dryf eerder as om ons eie agenda te skep en self die rigting en tempo van ontwikkeling te bepaal, skep ’n kardinale risiko,” maan die kernfisikus en energiekenner dr. Detlof von Oertzen, direkteur van VO Consulting.
Hy het ’n verslag oor groenwaterstof-ontwikkeling in Namibië saamgestel en sekere aanbevelings gemaak. Dit is onlangs deur die Konrad Adenauer-stigting vrygestel.
“Om die beplanning, ontwikkeling, en implementering van Namibië se pad na die toekoms uit te kontrakteur, kan onmoontlik ‘n geloofwaardige opsie wees vir 'n land wat onlangs eers sy onafhanklikheid van buitelandse oorheersing verkry het,” sê hy.
Von Oertzen voeg by terselfdertyd hou die oorhaastige oprigting van infrastruktuur om waterstof te produseer vir 'n ontwikkelende land soos Namibië baie risiko’s in.
Dr. Hage Geingob het in November aangekondig Namibië staan op die drumpel van ’n toonaangewende nuwe era waarin hy die oorvloed aan son, wind en seewater gaan inspan om groen waterstof te vervaardig.
Hy het by die Verenigde Nasies se 26ste klimaatberaad, COP26, in Glasgow, Skotland, bekend gemaak Hyphen Hydrogen Energy is aangewys om die land se eerste groenwaterstofprojek van US$9,4 miljard (meer as N$150 miljard) te ontwikkel.
Sy ekonomiese raadgewer, mnr. James Mnyupe, het onlangs tydens die virtuele vergadering van die Africa Green Hydrogen Forum gesê Namibië kan al by die Wêreld- Ekonomiese Forum van 17 tot 21 Januarie in Davos, Switserland, ’n tweede tender uitsit vir die ontwikkeling van nóg ’n grootskaal-aanleg vir groen waterstofvervaardiging.
Die eerste aanleg kom in die Tsau//Khaeb Nasionale Park naby Lüderitz.
Von Oertzen waarsku nie een van die menigte wetlike en regulatoriese vereistes wat nodig is om “’n groenwaterstof-naaf” te word, bestaan nie.
Net so bestaan daar nog geen verwerkingsaanlegte of bergplekke vir groen waterstof nie en die infrastruktuur vir die vervoer en uitvoer daarvan sal nuut gebou moet word, sê hy.
“Dít wat nodig is vir Namibië om die arena te betree waar die wêreldspelers in dié energiesektor aktief is, moet nog eers geskep word,” waarsku Von Oertzen.
“Ondanks onlangse uitbundige aankondigings, kan ons nie nou al die transformasie van Namibië se ekonomie deur groen waterstof vier nie.”
Hy sê realisme en aksies wat op feite gegrond is, is nodig om “ons gemenskaplike toekoms” te vorm.
Verder meen hy ‘n nasionale groenwaterstofbeleid moet geformuleer word en saam daarmee ‘n nasionale strategie en aksieplan.
Verder moet ‘n makro- en mikro-ekonomiese impakstudie van al die risiko’s gedoen word.
Nog ‘n aanbeveling is die opstel van ‘n nasionale meesterplan vir die sistematiese ontwikkeling van die land se infrastruktuur om hierdie ontwikkelings te ondersteun. [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie