Wees versigtig vir fopnuus
Wees versigtig vir fopnuus

Wees versigtig vir fopnuus

'n Slypskool waarsku oor die gevaar van gemanipuleerde inligting.
Augetto Graig
Augetto Graig



Fopnuus is so oud soos die berge.

Só sê me. Amy MacKinnon, 'n navorser by Global Partners Digital (GPD), wat saam met die Internet Society se Namibiese tak (Isoc Namibia) die afgelope Donderdag 'n werkwinkel by Arebbusch Travel Lodge in die hoofstad oor fopnuus aangebied het.

Die term verwys na iets wat in oertye ontstaan het, maar steeds nie altyd reg verstaan word nie, het MacKinnon gesê.

Sy het deelnemers aan die werkwinkel aan die klassifikasiestelsel vir fopnuus bekend gestel, wat deur firstdraftnews.org, 'n aanlyn joernalistieke hulpbron, ontwikkel is.

Volgens dié stelsel kan fopnuus op 'n skaal geplaas word wat by “satire en parodie” begin en by “versinde inhoud” eindig.

Tussenin is “valse verband”, wat behels dat 'n opskrif of foto nie by inhoud pas nie. Dit word doelbewus gebruik om mense te lok.

“Misleidende inhoud” verwys na nuus wat tegnies waar is, maar só weergegee word dat dit die leser mislei.

Dan is daar “bedrieglike konteks”, wat behels dat 'n argieffoto van 'n brand gebruik word om 'n brand in die Amasone te illustreer, hoewel die foto nie in die Amasone geneem is nie.

“Gemanipuleerde inhoud” behels “gedokterde” foto's en video's en “bedrieglike inhoud” gee voor inhoud kom van 'n betroubare bron.

“Ernstige foptegnologie begin nou eers en dit raak al moeiliker om te weet wat is die waarheid,” het MacKinnon gesê.

GPD is in die Verenigde Koninkryk gebaseer, maar werk wêreldwyd en veral in Afrika om menseregte aanlyn te bevorder, het sy gesê.

Mnr. Charles Bradley, GPD se ­direkteur, sê die organisasie beywer hulle reeds vyf en 'n halwe jaar hiervoor.

Volgens hom bied hulle vandag dieselfde werkwinkel in Lilongwe, Malawi, aan.

Bradley sê toegang tot die internet neem toe in Namibië en die regering se inmenging is beperk, hoewel afnemende persvryheid die land se grootste struikelblok is.

Die regering se herhaalde pogings om die wet op elektroniese en kubermisdaad aan te neem, is kommerwekkend.

Dié wet sal aanlyn kwessies as strafregtelike oortredings hanteer, het Bradley gesê.

GPD het onlangs daarin geslaag om Mexiko se regering daarvan te oortuig om sy kubermisdaadwet só aan te pas dat menseregte beter beskerm word.

“Dié opleiding kom op die regte tyd met die nasionale verkiesings wat voorlê,” het hy gesê.

“Baie inligting sal beskikbaar wees om mense se oortuigings te beïnvloed. Misleidende inligting kan gebruik word om mense aan te moedig om te stem of nie te stem nie, of selfs om die verkiesing te destabiliseer,” het hy gesê.

“Bewustheid is belangrik.

“Ook die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC), die ­Afrika-unie en die Verenigde Nasies (VN) ondersoek die kwessie,” het Bradley gesê.

– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!