Weesrenosterkalf oorleef ’n maand in bos
Tanja Bause
Mwezi, die klein swartrenosterkalf wie se ma deur stropers doodgeskiet is, kan al self staan. Die kalfie is sowat ’n week gelede om twaalfuur die nag tydens volmaan op ’n plaas in Namibië gevind. Stropers het haar ma ses weke tevore ook op volmaan doodgemaak.
Volgens mnr. Björn Basler van die Helmeringhausen Hotel het Mwezi vir ’n hele maand alleen in die bos oorleef.
“Haar ma is dood op volmaan en ons het haar op volmaan gekry, Ons het haar Mbaamwezi genoem wat “maanskyn” in Swahili beteken. Toe ons vir Mwezi gevind het, was sy geweldig ontwater en ondervoed. Dis ’n wonder sy kon vir vier weke haarself aan die lewe hou,” het hy gesê.
Sy het nou tussen 18 tot 28 liter vetvrye melk nodig en dit is hoekom die Helmeringhausen Hotel met ’n Kers-melkinsamelingsveldtog begin het.
“In plaas daarvan om ’n speelding vir jou kind te koop, koop melk vir Mwezi en maak ’n klein renoster sonder ’n ma gelukkig. Ons sal vir jou ’n sertifikaat met ’n foto van Mwezi en die naam van jou kind op stuur om dankie namens haar te sê. Die sertifikaat kan gedruk en onder die Kersboom geplaas word.”
Volgens Basler is Mwezi nog steeds ontwater en sy het nog baie aandag en versorging nodig. Almal is egter optimisties sy sal oorleef en sy kan reeds self staan.
“Mense wat melk wil skenk, kan vir my ’n epos na [email protected] stuur en ek sal kontak met hulle maak. Ons samel die geld in en ek gaan koop ’n palet van die melk (900 liter) teen ’n spesiale prys. Ek lewer dit dan by die plaas af. Ons gaan nie die plek waar Mwezi is bekend maak nie om haar en ander renosters te beskerm.” - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie