WEF-skok: ‘Nou moet SA régtig wakker skrik’
Elvira Wood - Suid-Afrika moet wakker skrik as hy uit die strik van lae ekonomiese groei wil ontsnap en beleggersvertroue wil verbeter, sê prof. Raymond Parsons van die Noordwes-Universiteit se Sakeskool.
Hy het gereageer nadat die Wêreld Ekonomiese Forum (WEF) se nuutste ranglys oor mededingendheid gewys het Suid-Afrika het met 14 plekke geval en is nou nr. 61 uit 137 lande.
Die grootste uitdagings vir mededingendheid in Suid-Afrika is korrupsie, misdaad, diefstal en die onstabiliteit van die regering, sê die WEF.
Parsons sê gegewe die ekonomiese en politieke uitdagings waardeur die land in die gesig gestaar word, het hy verwag Suid-Afrika se plek op die ranglys sou daal, maar nie met 14 plekke nie.
Hy sê dit is waarskynlik die grootste daling sedert die WEF die ranglys tot stand gebring het.
“Die gewone skuldiges soos swak gesondheidsorg en onderwys, uitdagings om ’n nuwe onderneming te begin en swak samewerking in die arbeidsmark trek steeds Suid-Afrika se algehele punt af.
“Suid-Afrika is egter ook nou merkbaar laer op die ranglys wat betref die etiese gedrag van maatskappye, die sterkte van ouditering en rapportering van standaarde en die doeltreffendheid van korporatiewe direksies. Dit is almal vroeë waarskuwingseine.
“Vorige jare het die private sektor baie beter as die openbare sektor gevaar,” sê hy.
Verder is hoë belasting, burokratiese rompslomp en die swak werketiek van die arbeidsmag ook volgens die WEF problematies.
Dr. Kingsley Makhubela, uitvoerende hoof van Brand South Africa, sê wat kommerwekkend is, is dat die finansiële sektor drasties laer is op die nuutste ranglys. Dié sektor was 11de in dié onderafdeling in 2016, maar het nou tot nr. 44 gedaal.
Hy sê ook die staat en die private sektor moet dringend aandag gee aan die feit dat Suid-Afrika besig is om agteruit te boer met sy mededinging.
“As ’n oop en deursigtige demokratiese stelsel moet leiers en amptenare baie harder werk om hoë etiese standaarde te handhaaf, aangesien hul gedrag veral ’n impak op die stryd teen korrupsie en die vermorsing in die openbare sektor het.
“Die private sektor en veral die finansiële sektor moet aandag gee aan die groot daling in hul mededingendheid,” sê hy. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie