Weg met maatreëls, of hof toe
In die prokureursbrief word gevra waarom MIV/vigs, wat na beraming vanjaar 3 052 lewens in Namibië sal eis, nie met dieselfde aandag of besteding gepaard gaan nie.
Elvira Hattingh – ’n Walvisbaaise sakeonderneming beplan om die regering hof toe sleep indien enige verdere drakoniese maatreëls ná 29 Augustus op Walvisbaai, Swakopmund of Arandis afgedwing word.
In ’n sterk bewoorde prokureursbrief aan dr. Kalumbi Shangula (minister van gesondheid en maatskaplike dienste) skryf Metcalfe Beukes Attorneys dat dié dorpe teen laas Vrydag reeds vir sowat vyf maande ingeperk word.
Dié regsverteenwoordigers tree namens Metrotech Calibration Services op.
SOOS ’N HIËNA
In die brief word gesê in dié vyf maande is drakoniese Covid-19 regulasies toegepas wat mense van hul grondwetlike vryhede ontneem het, soos dié van beweging, assosiasie, om in diens geneem te word en om onderrig te ontvang.
Die brief word ook vergesel met plaaslike Covid-19 statistiek, waarvolgens Namibiërs se kanse om nié van Covid-19 te sterf nie, op 99,85% staan. Die siekte se plaaslike ¬sterftekoers is hiervolgens 0,15%.
“Die gevreesde pandemie, met respek gesê, blyk ’n hondsdol, tandlose hiëna te wees wat kwyl om ons ¬ekonomie te verdrink,” lui die brief.
“Hierteenoor sal MIV/vigs vanjaar na beraming 3 052 lewens in Namibië ¬eis – volgens die Amerikaanse President se Noodplan vir MIV/vigs-verligting (Pepfar) asook die Namibië Nasionale Bedryfsplan (COP 2020) van 10 Maart 2020.
“MIV/vigs bly die nommer een oorsaak van sterftes in ons land,” word in die brief herinner.
“Verduidelik asseblief waarom dit nie dieselfde aandag as die Covid-19 pandemie geniet nie en die belaglike hoeveelheid geld en aandag wat die ministerie aan Covid-19 bestee,” lui die prokureursbrief.
In die brief word gesê dit is vanselfsprekend dat verskeie siekes gevind sal word waar verskeie, gekonsentreerde Covid-19 toetse uitgevoer word.
“Tog fokus die intelligentsia op sleutelgebiede en het Walvisbaai, Swakopmund en Arandis kunsmatig die episentrum van die pandemie geword. Nou, met uitgebreide toetsing in Windhoek, Okahandja en Rehoboth, word beweer dié gebiede het intussen die episentrum geword. Tog word Walvisbaai, Swakopmund en Arandis gelos om in sy ekonomiese depressie te verwelk.”
KUNSMATIG AANGEBLAAS
“Wat ons kliënt nog meer ontstellend vind, is dat doodsertifikate wat deur dokters uitgereik word en waar die oorsaak van dood as byvoorbeeld hartversaking, hartaanvalle of kanker aangedui is, in die lykshuis verander word sodat Covid-19 as die oorsaak van die sterfte aangedui word.”
Volgens die brief besorg dit familielede nog meer trauma omdat hulle dan gestigmatiseer en soms selfs gedwing word om te self-isoleer. “Vals statistieke word skynbaar vir ’n versteekte doeleinde geskep sodat die Covid-19 sterftesyfer kunsmatig verhoog kan word,” staan in die brief geskryf.
Die prokureurs sê indien nie aan hul eise gehoor gegee word nie, sal die hoërhof genader word vir die kwytskelding van die regulasies, wat “onnodig, onderdrukkend, ekonomies verwoestend en verydelend teenoor menseregte” blyk te wees.
EKONOMIE VERWOES
Dit word uitgewys dat Walvisbaai, Swakopmund en Arandis se ekonomieë totaal verwoes is. “Tot 90% van toerisme- en verblyfondernemings asook restaurante en koffiewinkels moes hul deure sluit, wat tot groot werksverliese gelei het.
“Al drie dorpe is net skaduwees van wat dit voorheen was, met hongersnood, bedelary en misdaad die uiteinde,” is geskryf.
“Een van die min opgeleide spesialiste in siektebestuur in die land, dr. Kwasi Yeboah, het reeds op ’n openbare geleentheid gesê die inperkingsmaatreëls is onmoontlik om uit te voer. Tog word dit tans in Windhoek en op Okahandja en Rehoboth afgedwing. Dit nadat dit Walvisbaai – die hart van die nywerheidsbedryf – se ekonomie reeds verwoes het.”
Boonop meen hulle as gevolg van die regulasies word inwoners van dié kusgebiede gestigmatiseer en word teen hulle gediskrimineer.
’n Voorbeeld word genoem van toe Metrotech Calibration Services op 2 Augustus op Lüderitz werk moes verrig en alle nodige magtiging en dokumentasie gereed gehad het, maar “ernstige, sinnelose, diskriminerende magsmisbruik” is teen hulle gepleeg.
“Wat die werkgewer en sy werknemer die ergste gekrenk het, was toe hulle snags in hul kamers toegesluit moes word omdat dit glo ‘protokol’ was.”
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie