Weg onduidelik vir kapteinsverkiesing
Die ombudsman, adv. John Walters, het Donderdag in sy persoonlik hoedanigheid na Rehoboth gereis om verskille voor die beplande verkiesing te probeer beredder.
Jemima Beukes op Rehoboth –Die ombudsman, adv. John Walters, kon nie verskille beredder wat dreig om die beplande verkiesing van ‘n nuwe kaptein vir die Rehoboth Basters op 24 April te laat ontspoor nie.
Een kandidaat vir die posisie, mnr. Rynault van Wyk, is steeds ontevrede dat uitstel nie toegestaan is vir die registrasie van kiesers asook vir die voering van verkiesingsveldtogte nie.
Walters het Donderdag in sy persoonlik hoedanigheid na die dorp gereis. Die verkiesingskomitee en kerke op die dorp was ook verteenwoordig.
Volgens Walters is daar soveel twispunte dat hy nie konkrete raad of antwoorde het nie. ‘n Mosie van wantroue is in die verkiesingskomitee voorgestel, maar Walters het gesê die byeenkoms het geen gesag om so ‘n besluit te neem nie.
Mnr. Gianni Beukes het gesê net 2 000 kiesers kan nie iemand aanwys wat namens sowat 70 000 mense moet praat nie.
“Ons wil hê die datum moet uitgestel word sodat mense kan gaan registreer,” het hy aangevoer.
Gegriefdes eis ook dat die verpligte registrasiefooi van N$20 om te stem, geskrap moet word.
Volgens mnr. Wesley Harker, woordvoerder van die verkiesingskommissie, is genoegsame kennis aan almal gegee.
Van Wyk het ook beweer sy teenstander, mnr. Jacky Britz, is die verkiesingskomitee se gunsteling.
“Ek voel onwelkom by die Baster-gemeenskapskantore,” het hy gesê. “Daar heers ‘n onaangename atmosfeer en dit is hoekom ek vra ons moet op neutrale plekke vergader.”
Britz was afwesig.
Ds. Dean du Toit het opgemerk dat mense duidelik in verskeie faksies verdeel is. Hy het gesê ‘n dringende vergadering moet belê word om verskille te bespreek. “Kom ons vergader met die kantoor van die streekgoewerneur en versoen met die regering,” het die kerkleier voorgestel.
Du Toit het ook voorgestel dat die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) help om die verkiesing te bestuur. Harker se antwoord was dat die komitee in gesprek met die ECN is, onder meer oor die opleiding van verkiesingsbeamptes.
Volgens hom sal daar opnuut oor uitstel besin word.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie