Weg van 'rock bottom' die lig in
Weg van 'rock bottom' die lig in

Weg van 'rock bottom' die lig in

Lloyd Zandberg
Lucia Swart-Walters

“As jy dink die lewe moet regverdig wees teenoor jou omdat jy regverdig is teenoor die lewe, is dit so goed jy sê die leeu moet jou nie eet nie, want jy eet nie die leeu nie.

“Jy het wat jy nou het, en vir eers is dit genoeg.”

Dís van die vele sinne in Hykie Berg: My storie van hoop wat jou weer en weer laat dink.

Die boek oor Berg se herstelpad van verslawing aan verskeie middels en swak gewoontes – selfs om te steel – is eenvoudig geskryf met soveel waarhede in dat jy nie anders kan as om sinne oor en oor te lees nie.

Dis nie ’n selfhelpboek nie, dít maak hy baie duidelik in die voorwoord.

En al is dit ’n boek uit die hoek van sy diep geloof en openlike Christenskap geskryf, sal enigiemand dit kan lees en waardeer. Selfs al is jy net nuuskierig om meer te leer van die akteur wat só selfversekerd op televisie lyk, maar as kind só verward en moeilik was dat geen hoërskool hom wou toelaat nie.

’n Moeilike tiener wat “vir die pret akkedisse met brandende reukweerder aan die brand [ge-]steek [het]”.

Die kort hoofstukke het eintlik lang boodskappe wat maklik lees, maar tog aan jou vreet omdat jy sy frustrasie en angs maar uiteindelike kalmte en aanvaarding aanvoel.

Ons is almal net mense en ons kan almal val, maar Berg vertel jou met oortuiging hoe hy opgestaan het en deel sy pad – selfs soms in lysies of ’n gebed tussenin – só opreg en sonder om homself te verontskuldig dat dit jou ook sal laat voel jy kan weer op jou voete kom. Selfs al is rock bottom jou dag of jou jaar se hoogtepunt.

Soos hy self sê: “Rock bottom is ’n wrede, maar baie eerlike plek om te wees. Rock bottom is ’n omdraaipunt, ’n keerpunt. Dit kan jou pad terug wees as jy so kies.”

En Berg het gekies.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!