Weggooibaba sorg vir ander
Happy Land bied wees- en weerlose kinders op Hentiesbaai ’n tweede kans in die lewe.
Tanja Bause – “So lank as wat ek asemhaal, sal ek vir kinders wat verwerp, weggegooi, misbruik en mishandel is, omgee en sorg. Ek is daardeur en weet hoe dit voel.”
Só sê Carmen Haoses (36), eienaar van Happy Land Kindergarten and House of Saftey, op Hentiesbaai.
Carmen is op Mariental gebore, waar haar biologiese ma haar agtergelaat het.
“My ma het my in die hospitaal gelos. Hoekom weet ek tot vandag toe nie. Ná twee weke het die Philander-egpaar van Koës my in die hospitaal gekry en my huis toe gevat en grootgemaak.
“Ek self was ’n ongewenste baba. Weggegooi deur my eie ma en familie.”
Op 15-jarige ouderdom het Carmen se pa gesterf.
“Ná my pa se dood het my ma my vertel ek is nie hul dogter nie. Op 15 het ek uitgevind ek is weggegooi en hulle is eintlik my grootmaakouers. My ma het ook gesê sy kan nie verder alleen vir my sorg nie en ek moet my biologiese ma gaan soek. Daai dag is ek vir die tweede keer in my lewe deur my ma weggegooi.”
Carmen het Windhoek toe getrek op soek na haar biologiese ma.
Hoewel sy dadelik werk gekry het, het die soektog na haar ma geen vrugte afgewerp nie en het sy in die kloue van dwelms en alkohol vasgevang geraak.
“Die seer van my mense se verwerping was te veel en het aan my gevreet. Ek kon my ma nie opspoor en haar in die oë kyk vir antwoorde nie. Alles was te veel en ek het myself aan dwelms en alkohol oorgegee,” sê sy.
Vir die volgende twee jaar was Carmen in Windhoek. Uiteindelik hoor sy toe haar pa woon op Hentiesbaai.
“Ek het op 18-jarige ouderdom op soek na my pa op Hentiesbaai aangekom. Ek het alles in Windhoek agtergelaat en getrek. Die soektog was weer eens tevergeefs en ek was terug by dwelms en alkohol.
“Ek het geen ordentlike blyplek gehad nie en het hier en daar gebly. Ek was alleen, ongewens en verwerp. Nie een van my families, my bloed- óf grootmaakfamilie, wou my hê nie, of het ooit gevra waar ek is of hoe dit gaan nie. So ek het troos in al die verkeerde gemors gesoek,” sê sy.
Volgens Carmen het sy twee jaar lank op Hentiesbaai gebly toe sy haar toekomstige man, Hannes, ontmoet het en haar lewe verander het.
Die keerpunt
“Die man het na my toe gekom en met my gesels. Hy was ’n evangelis wat die woord van die Here versprei het. Hy het my kerk toe genooi en my lewe verander. Hy het my van die dwelms en alkohol afgekry en my gehelp.”
Carmen en Hannes het kort voor haar 20ste verjaarsdag getrou. Die egpaar het in Hannes se huis in Omdel op Hentiesbaai ingetrek.
“Hannes was ’n visserman en dit was ons inkomste. Ek het baie gedink en gewonder oor wat ek moet doen. Die rondsittery was nie vir my nie en ek het gebrand om iets te doen,” sê sy.
En toe word Carmen een oggend wakker en weet presies wat sy moet doen.
“Ek het na die hoek van ons erf gegaan en vir Hannes gesê hiér gaan ek ’n kindertuin begin, ’n kindertuin vir kinders wat uit soortgelyke omstandighede as myne kom – weeskinders en kinders wat deur huishoudelike geweld geraak is of seksueel misbruik is.”
Carmen het ’n sinkhuis opgerig en die Happy Land Kindergarten begin.
Sy het elke oggend see toe gestap en die tyd gebruik om oor haar lewe te dink.
“Elke oggend het ek ’n seun van so 10 jaar oud in asdromme op soek na kos sien krap. Ná twee weke het ek na hom toe gestap en met hom gaan praat. Thoma was die eerste kind wat by my kom intrek het. Ek het hom grootgemaak en vandag is hy ’n getroude man met sy eie kind.”
Ná Thoma het ander kinders by Carmen om hulp kom aanklop. Niemand is weggewys nie en die aantal kinders wat kom intrek het, het bly groei.
“In 2015 het ’n polisiebeampte na my toe gekom en vir my van ’n kursus vertel wat deur maatskaplike werkers aangebied word. Die gemeenskap moes iemand voorstel wat die kursus kan bywoon. Ek was baie geskok toe die hele dorp my gekies het en ek die kursus kon meemaak. Daarná het ek die ‘house of safety’ by die kindergarten gevoeg.”
Baie van die 25 kinders wat tans by Happy Land bly, is deur die polisie en maatskaplike werkers daar geplaas.
“Baie het by Happy Land kom aanklop en vir my gesê hulle soek net ’n kans; ’n kans op ’n beter lewe; ’n kans om hulleself te bewys.”
In die 15 jaar van Happy Land se bestaan het Carmen ’n kamer vir die meisies en een vir die seuns aangebou.
Daar is ook ablusiegeriewe, ’n kombuis, ’n klaskamer vir die kinders wat gedurende die dag kindergarten toe kom, en ’n onthaalkamer waarin ook elke Sondag kerk gehou word.
“Omdat daar so baie kinders is en die ruimte min is, het nie elke kind sy eie bed nie. Maar hulle kry liefde, aandag, ’n drukkie en kos – wat baie meer is as waar hulle vandaan kom.
“Daar is ook baie mense van Hentiesbaai en ander dorpe wat ons gereeld ondersteun en help. Ek is baie dankbaar vir almal, want sonder hulle sou ek die kinders nie kon help nie. Die regering gee nie ’n sent nie, en ek het moed opgegee dat hulle eendag sal besef dit is húlle kinders en sal sorg.
“Sonder die privaat borge van die dokter, apteker, winkeleienaars, besigheidsmense en welsynsorganisasies sou die kinders nie ’n veilige tuiste gehad het nie.”
Die kinders
Die jongste kind in die huis is ’n twee maande oue baba en die oudste is 18 jaar oud.
Al die kinders gaan skool toe.
“Opleiding, higiëne en dissipline is nie onderhandelbaar nie,” sê Carmen.
Elke kind het sy of haar eie storie, soos die driejarige Quinton, wat deur sy ma in die hospitaal agtergelaat is.
“Quinton het erge tuberkulose gehad en sy ma het hom gelos. Ná agt maande in die hospitaal is ek gebel om hom te kom haal, want die personeel het nie geweet wat om met hom te doen. Dan is daar die twee maande oue dogtertjie wie se ma ’n 13-jarige meisie is. Sy het die baba kom afgee omdat sy skool graag wil klaarmaak. Omstandighede het haar gedryf om met ’n buitelander te slaap. Hier is baie kinders in nood, maar ek kan net soveel help,” sê Carmen.
“Daar is baie oggende wat ek ontsettend moedeloos opstaan en wonder waar kom die volgende maaltyd of klere of geld vir water vandaan? Dan gaan ek na die kinders se kamer en kyk in hul blink ogies en dan weet ek, ek moet aangaan en aanhou vir hulle.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie