Weiding tot 50% swakker as gemiddeld

Weidingstoestande in sekere dele van die land is kritiek, maar weidingkundiges meen dat onlangse reën in die Suide en Ooste ‘n verskil kan maak.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Hoewel satellietbeelde wys dat Namibië se weidingstoestande oor groot gebiede tot 50% swakker is as die langtermyn gemiddeld en ook swakker is as verlede jaar, kan die onlangse reënneerslae steeds ‘n wesentlike verskil maak.

Dit volg nadat die ministerie van landbou, water en bosbou onlangs ‘n verslag oor landbou-insette en huishoudelike voedselsekuriteit uitgereik het, waarin gesê word weidingstoestande het vanweë die láát reënseisoen en swak neerslae op talle plekke in die land agteruitgang getoon – veral in die Suide.

Die ministerie sê die weidingsituasie is kritiek in die //Kharasstreek naby Karasburg, Berseba, Bethanie, Lüderitz en Keetmanshoop, asook by Aminuis in die Omahekestreek.

SATELLIETDATA WYS SWAK TOESTANDE

Volgens inligting wat deur AgraProvision en Agri-Ecological Services bygehou word in die nasionale vroeë waarskuwing- en moniteringstelsel vir weiding, het die uitgerekte droogte sy merk op nasionale weidingreserwes gelaat en lyk weidingtoestande swak in vergelyking met die afgelope 17 jaar se gemiddeld.

Die weidingkundige, mnr. Bertus Kruger, verduidelik dat die weidingstelsel gebruik word om die ontwikkeling van weiveld oor ‘n gegewe tydperk met die langtermyngemiddeld te vergelyk. Satellietdata word elke tien dae opdateer, het hy gesê.

Tydens druktyd was die jongste satellietbeelde op www.namibiarangelands.com van die tydperk tussen 1 en 10 Februarie 2019 en sou dit binne dae met die jongste foto’s vervang word.

“Ons wag nog om te sien hoe die weiding op die onlangse goeie reënneerslae in die Suide, Ooste asook die Zambezi-streek gaan reageer,” het Kruger gesê.

“Dit blyk egter uit satellietdata dat die sentrale en noordoostelike dele, soos Otjozondjupa, se weiding swak vergelyk met die langtermyn gemiddeld.

“Weidingstoestande lyk oor die algemeen beter in die verre Weste. Die dele het vroeg in die huidige seisoen goeie reën gehad. As ‘n mens byvoorbeeld die Hardapstreek vat, is die westelike dele daarvan groener as die oostelike gebied,” het hy gesê.

“Oor die algemeen vergelyk die westelike dele van die land beter as voorheen, maar die weiding moet meer kans gegun word om op die onlangse reën te reageer,” het hy verduidelik.

SUIDE BETER AS NOORDE

Nog ‘n weidingkundige wat by die stelsel betrokke is, dr. Cornelis van der Waal van Agri-Ecological Services, het gesê die belangrikste vergelykings van weidingstoestande is die jaar-op-jaar een asook waar huidige weidingtoestande met die langtermyn gemiddeld vergelyk word.

Die kaarte, wat met behulp van satellietdata saamgestel word en vir die publiek op www.namibiarangelands.com beskikbaar is, wys dat die noordelike streke – veral die Omaheke-, Otjozondjupa-, Omusati-, Oshikoto-, Ohangwena-, Kavango-Wes- en die noordelike dele van die Kunene-streek, se weiding afsteek by hoe dit verlede jaar was.

Die Suide se weiding het teen 10 Februarie vanjaar beter vertoon as verlede jaar hierdie tyd, met die westelike dele van die Hardap- en //Kharasstreek wat veral goed in vergelyking met verlede jaar vertoon het.

Van der Waal sê dat die vergelyking van huidige weidingstoestande met die langtermyn gemiddeld sedert 2002, veral van belang is.

Hiervolgens is weidingstoestande heelwat swakker as die langtermyn gemiddeld oor die afgelope 17 jaar. Alhoewel die westelike kusgebiede tans beter daaraan toe is, blyk dit dat die res van die land tot 50% swakker weiding het.

Die Zambezi-, Kavango-Oos- en –Wes- en die verre oostelike dele van die Otjozondjupa- en Omahekestreek is egter die uitsonderings hierop. In dié gebiede is weidingstoestande normaal tot beter as die gemiddeld.

KOMMUNALE GEBIEDE

Die ministerie van landbou, water en bosbou het in hul verslag gesê weidingstoestande in byvoorbeeld die Aminius-kiesafdeling in die Omahekestreek is van die land se swakste.

Die verslag is saamgestel uit inligting wat tussen 18 November en 18 Desember verlede jaar versamel is deur die ministerie se Agro-besigheidsinligtingsdienste. Dit is gedoen deurdat regeringsamptenare besoek aan die sewe noordelike kommunale streke, wat die land se grootste gewasproduseerders is, gebring het.

In die noordoostelike dele van die land, oftewel die Zambezi-, Kavango-Oos en Kavango-Wesstreek wissel weidingstoestande tussen billik en swak, lui die verslag.

Hiervolgens het baie Zambezi-beesprodusente hul beeste na die rivieroewer geskuif waar weiding tans die beste is. Dieper in die binneland is weidinstoestande glo swak.

In die Kavango-Oos en Kavango-Wesstreek is die teenoorgestelde waar – weiding teen die rivier is swak, terwyl dit glo beter in die binneland vertoon.

In die sentrale noordelike gebiede is daar op plekke genoegsame weiding, terwyl dit swak op ander plekke is. In al die gebiede blyk dit daar is genoeg water vir vee beskikbaar.

KRITIEKE TOESTANDE

Die ministerie sê egter dat uiterse swak weidingstoestande in veral die Suide van die land voorkom en verwys spesifiek na die Hardap-, //Kharas-, Erongo-, Kunene- en Omahekestreek.

“Droogtetoestande in die suide van die Omahekestreek duur steeds voort en het versprei na die sentrale en noordelike dele tot by die Epukiro-, Kalahari-, Gobabis-, Otjimbinde- en Otjinene-kiesafdelings, waar vee daagliks vrek.

“In die sentrale dele van die land soos die Otjozondjupa- en Khomasstreek is weiding swak tot baie swak. In die Hardapstreek het veeboere die ministerie se landboukantore asook tradisionele owerhede vir genader om vir alternatiewe, tydelike weidingsgebiede te vra.

“Die situasie in kommersiële gebiede naby Karasburg, Berseba, Bethanie, Lüderitz en Keetmanshoop is kritiek, asook by Aminuis in die Omahekestreek,” lui die verslag.

Verder word aangedui dat die beskikbaarheid van water veral in die Erongo-, Omaheke- en //Kharasstreek ‘n probleem raak omdat sommige boorgate opgedroog het, terwyl ander al minder water lewer.

VEE SE KONDISIE

Die ministerie sê oor die algemeen is vee se kondisie goed tot baie goed in die meeste dele van die land. Dit is veral van toepassing op die vee in die noordoostelike dele soos die Zambezi-, Kavango-Oos en Kavango-Wesstreek.

Tog het die laat aanvang van die reënseisoen veroorsaak dat vee in dié gebiede gevrek het.

Vee se kondisie is egter kritiek in die gebiede waar weiding die swakste is, naamlik by Aminuis in die Omaheke-streek, asook in die Erongo-, Hardap-, //Kharas- en Kunenestreek en het veevrektes reeds voorgekom.

Die ministerie sê vee in die Khomasstreek se kondisie is ook goed omdat boere hulle van aanvullende voer voorsien.

Kommentaar

Republikein 2024-09-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Rugby Championship: Australia 28 vs 31 New Zealand Premier League: West Ham 0 vs 3 Chelsea LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 1 Sevilla | Leganés 0 vs 2 Athletic Club | Real Betis 2 vs 1 Getafe SerieA: Hellas Verona 2 vs 3 Torino | Cagliari 0 vs 2 Empoli European Championships Qualifying: Stoke City 1 vs 3 Hull City English Championship: Stoke City 1 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 22° | 37° Eenhana: 18° | 38° Oshakati: 18° | 37° Ruacana: 18° | 36° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 15° | 33° Omaruru: 15° | 35° Windhoek: 15° | 31° Gobabis: 12° | 32° Henties Bay: 11° | 21° Wind speed: 18km/h, Wind direction: NW, Low tide: 07:11, High tide: 13:35, Low Tide: 19:41, High tide: 01:54 Swakopmund: 13° | 15° Wind speed: 21km/h, Wind direction: N, Low tide: 07:09, High tide: 13:33, Low Tide: 19:39, High tide: 01:52 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 21km/h, Wind direction: N, Low tide: 07:09, High tide: 13:32, Low Tide: 19:39, High tide: 01:51 Rehoboth: 11° | 32° Mariental: 12° | 34° Keetmanshoop: 11° | 31° Aranos: 11° | 33° Lüderitz: 13° | 21° Ariamsvlei: 10° | 30° Oranjemund: 14° | 30° Luanda: 22° | 24° Gaborone: 12° | 25° Lubumbashi: 19° | 35° Mbabane: 8° | 12° Maseru: 4° | 17° Antananarivo: 11° | 32° Lilongwe: 19° | 30° Maputo: 14° | 22° Windhoek: 15° | 31° Cape Town: 11° | 24° Durban: 13° | 18° Johannesburg: 6° | 19° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.26 | EUR to NAD 19.53 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 17.5 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.16 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.91 | USD to AOA 927.77 | USD to BWP 13.17 | USD to EGP 48.46 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.41 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1831.97 Down -0.38% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14246.86 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 622.24/OZ UP +1.35% | Copper US$ 4.31/lb DOWN -0.0032 | Zinc US$ 2 884.80/T DOWN -0.23% | Brent Crude Oil US$ 74.74/BBP DOWN -0.0019 | Platinum US$ 976.09/OZ DOWN -0.0067 Sport results: Rugby Championship: Australia 28 vs 31 New Zealand Premier League: West Ham 0 vs 3 Chelsea LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 1 Sevilla | Leganés 0 vs 2 Athletic Club | Real Betis 2 vs 1 Getafe SerieA: Hellas Verona 2 vs 3 Torino | Cagliari 0 vs 2 Empoli European Championships Qualifying: Stoke City 1 vs 3 Hull City English Championship: Stoke City 1 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 22° | 37° Eenhana: 18° | 38° Oshakati: 18° | 37° Ruacana: 18° | 36° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 15° | 33° Omaruru: 15° | 35° Windhoek: 15° | 31° Gobabis: 12° | 32° Henties Bay: 11° | 21° Wind speed: 18km/h, Wind direction: NW, Low tide: 07:11, High tide: 13:35, Low Tide: 19:41, High tide: 01:54 Swakopmund: 13° | 15° Wind speed: 21km/h, Wind direction: N, Low tide: 07:09, High tide: 13:33, Low Tide: 19:39, High tide: 01:52 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 21km/h, Wind direction: N, Low tide: 07:09, High tide: 13:32, Low Tide: 19:39, High tide: 01:51 Rehoboth: 11° | 32° Mariental: 12° | 34° Keetmanshoop: 11° | 31° Aranos: 11° | 33° Lüderitz: 13° | 21° Ariamsvlei: 10° | 30° Oranjemund: 14° | 30° Luanda: 22° | 24° Gaborone: 12° | 25° Lubumbashi: 19° | 35° Mbabane: 8° | 12° Maseru: 4° | 17° Antananarivo: 11° | 32° Lilongwe: 19° | 30° Maputo: 14° | 22° Windhoek: 15° | 31° Cape Town: 11° | 24° Durban: 13° | 18° Johannesburg: 6° | 19° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.26 | EUR to NAD 19.53 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 17.5 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.16 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.91 | USD to AOA 927.77 | USD to BWP 13.17 | USD to EGP 48.46 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.41 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1831.97 Down -0.38% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14246.86 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 622.24/OZ UP +1.35% | Copper US$ 4.31/lb DOWN -0.0032 | Zinc US$ 2 884.80/T DOWN -0.23% | Brent Crude Oil US$ 74.74/BBP DOWN -0.0019 | Platinum US$ 976.09/OZ DOWN -0.0067