Wekroep vir die hoofstad
Rommelstrooiery, besoedeling, gebrekkige sanitasie en 'n tekort aan skoon drinkwater is ineengestrengelde kwessies.
Beriggewing in verskillende media die afgelope dae bewys dit opnuut.
In Windhoek het sanitasieprobleme in informele nedersettings noordwes van die hoofstad aanleiding gegee tot 'n uitbreking van hepatitis E. Weens die siekte se lang inkubasieperiode word nuwe gevalle steeds aangemeld.
Die Havana- en Goreangab-buurte is die ergste geraak.
Deur die einste Havana vloei 'n rivier wat oor periode tonne rommel en afval na kleinhoewes laat stroom. Eienaars maak maar selfs skoon, hoewel hul grond in die dorpsgebied val.
Buiten vir gesondheidskwessies is die omgewing ter sprake.
Die hepatitis E-uitbreking is 'n vingerwysing hoe bar die lewe vir behoeftige inwoners aan die stad se buitewyke is. Dienste is met die jare op plekke uitgerol, maar die uitdagings bly groot. 'n Ernstige pandemie kan katastrofies wees.
Hierdie probleme is nie uniek aan die Namibiese hoofstad nie. In talle dorpe kla inwoners gereeld oor die agteruitgang in dienste en higiëne.
In Windhoek en elders bly dit steeds 'n geldige vraag hoeveel kapitaal plaaslike en streekowerhede proporsioneel benut om geriewe in informele buurte teen 'n sneller tempo te verbeter om aan elke inwoner van die Namibiese Huis 'n menswaardige bestaan te bied.
Soos reeds male sonder tal gesê, sal die progressiewe ontwikkeling van landelike gebiede en kleiner dorpe toestroming na die hoofstad en groter sentra verminder.
So sê ander
17 Januarie 2018
Beeld, Die Burger en Volksblad sê
Dit sal uiters naïef van die DA wees as hy dink hy gaan nie 'n politieke prys betaal vir die voortslepende binnegevegte wat woed om die kop van Patricia de Lille nie.
As ongerymdhede in die bestuur van Kaapstad plaasgevind het, moet dit uiteraard oopgevlek word en teen die skuldiges opgetree word. Dit is inderdaad wat kiesers sou verwag van 'n party wat roem op skoon regering.
Die binnegevegte in die Kaapse DA begin ook reeds 'n rassekleur aanneem. Sulke spanning is te verwagte namate die samestelling van 'n party soos die DA verteenwoordigender van die nasionale demografie word. Feit is egter dat die verkiesing van 2019 al hoe nader kom en moeilike besluite vir die DA voorlê oor presies hoe hy hom gaan posisioneer. Verdelende politieke krisisse soos dié maak sulke besluitneming net moeiliker. • NETWERK24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie