Welkom, Archie! Is jy dalk ook ’n rooikop?
Landi Slatter – Die lang wag is verby. Archie Harrison Mountbatten-Windsor is Maandag gebore.
Sy ma, Meghan, die hertogin van Sussex, het toe nie, soos almal bespiegel het, in Frogmore Cottage die lewe geskenk nie, maar is wel volgens berigte Sondagaand na die Portland-hospitaal gehaas voor die baba se geboorte Maandagoggend om 05:26. Hy het 3,2 kg geweeg by geboorte.
Julie Burley, ’n senior kommunikasiebeampte van die Sussex-huishouding, het aan Rapport bevestig Archie is nié kort vir Archibald nie. “Dit is net ’n naam waarvan hulle gehou het,” sê Burley. Sy wou nie enige ander navrae beantwoord nie.
Archie is Woensdag by die Windsor-kasteel aan die wêreld gewys. Meghan was geklee in ’n wit Givenchy-skepping en ligbruin hoëhakskoene. Sy het moeg maar tevrede en gelukkig gelyk. Mense het op sosiale media simpatie met haar uitgespreek omdat sy so kort ná die geboorte in sulke hoëhakskoene en ’n wit rok “moet” verskyn.
Die naam ‘Archie’ kan gou gewild wees.
Sy en prins Harry, die hertog van Sussex, het vir Archie Woensdagmiddag aan koningin Elizabeth en prins Philip voorgestel. Doria Ragland, Meghan se ma, was ook by vir dié intieme ontmoeting. Meghan het vir die media gesê Archie is ’n rustige baba en slaap goed. Hy het ’n mussie aangehad, so niemand kon sien of hy rooi hare het soos sy pa nie.
Harry het Donderdag, soos verlede week aangekondig is, die bekendstelling van die 2020 Invictus-spele in Den Haag bygewoon. Aanhangers het vir hom ’n skattige baadjie met die woord “Daddy” en ’n babaslaappakkie geskenk gegee.
Die mediamagnaat Oprah Winfrey het aangedui dat sy ’n spesiale geskenk vir Archie het. Sy het vroeg in die week aan Access Hollywood gesê sy het ’n standaardgeskenk wat sy vir mense gee vir wie sy régtig omgee. “Ek ken nog nie die baba se naam of geslag nie, maar dié baba sal genoeg boeke hê om ’n leeftyd te hou.”
Archie se koms was nie sonder drama nie. Die BBC berig hulle het Danny Baker (61), ’n joernalis en aanbieder op die BBC5 Live-program, afgedank nadat hy Woensdag ’n prentjie van ’n man en vrou wat ’n babasjimpansee in klere aan die hand lei met die opskrif “Royal baby leaves hospital” getwiet het aan sy 509 000 volgelinge. Hy het dit byna dadelik verwyder en gesê dit was geen verwysing na Markle se ras nie, maar ’n grap oor “koninklikes vs. sirkusdiere in spoggerige klere”. Die BBC sê sy oordeel het hom ernstig in die steek gelaat.
Intussen berig The Irish Post kenners voorspel die naam Archie gaan teen 2022 een van die gewildste name in Brittanje, indien nie die wêreld nie, wees. Die naam Charlotte het sedert 2015 altesaam 13 plekke in twee jaar gespring ná die geboorte van Kate en William se spruit. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie