Welkom terug my ou biertjie
Augetto Graig – Dié week word drank weer deel van ons lewens. Namibië se verhouding met drank is glad nie so eenvoudig soos dit dikwels voorkom nie.
Ons is nie net ’n land vol mense wat baie drink nie. Die meerderheid het ’n gesonde en verantwoordelike verhouding met drank. Baie inwoners maak selfs ’n bestaan uit drank.
Die misbruik van drank is nie die beginpunt nie. Dit is ’n eindresultaat van ’n gebroke samelewing.
Hierdie misverstand is ook die kernrede waarom die nasionale poging om drankmisbruik aan te spreek onsuksesvol is. Die behandeling van die simptome doen nie veel om die wortel van die siekte uit te roei nie.
Alkoholmisbruik begin wanneer mense hoop verloor en die begeerte het om van hul werklike omstandighede te ontsnap. Met die wanvoorstelling dat daar meer vreugde in die bottel is as in jou daaglikse werklikheid.
Daar is gemeenskaplike aanwysers vir die toename van alkoholmisbruik wat geïdentifiseer en aangespreek kan word.
Dit is egter nie maklik nie en ook nie ’n vinnige oplossing nie.
Dié stryd kos vasberadenheid, toegewydheid, onselfsugtige, doelbewuste en gemoedkomende leierskap; iets wat wereldwyd tekort skied.
Die oppervlakkige benadering wat vinnig verkwalik en skuld toeken, is algemeen.
Mense, besluitmakers ingesluit, sal eerste by die dronk persoon fout probeer vind. Om onskuldig te drink is ook nie al dag aan die orde van die dag nie. Die gevolge van drank is geweld en onbeskofde gedrag. Nogtans moet gekyk word na waar dié gedrag geleer en aangemoedig word.
Hoekom raak mense aggressief en roekeloos wanneer hulle onder die invloed van drank is? Seker omdat hulle hul aggressie ingehou het en twee keer oor hul optrede gedink het toe hulle nugter was.
Dalk sal ons eendag ’n volwasse samelewing wees waar mense mekaar soos gelykes behandel.
Intussen stap die tyd aan en die lewe gaan voort. Nou dat die krane tot ’n mate weer oop is, sal daar weer gedrink word. Reg so. Drink as jy wil en as jy kan. Maak net seker jy weet hoekom jy drink en hou by jou besluit oor hoeveel jy mag drink. Bly in beheer. Hou kop. Wees versigting. Drank is niemand se speelmaat nie, het my ma destyds gesê. Sy was heeltemal reg gewees.
Perdry is nie fietsry nie, al vergeet mens nooit hoe om die fietspedale te trap nie, kan die opsaal van ’n hings soos drank onverwagse nagevolge hê. Veral sonder maande se oefening. Hou dit asseblief ingedagte.
Wees ook bewus daarvan dat wetstoepassers in Namibië deesdae vinnig op hul perdjies sal spring en vir die kleinste geleentheid. Hou maar jou kuiertjies tuis en begin liewer vroeg kuier om teen ’n ordentlike uur klaar te maak. Hou matigheid voor oë.
Ongeag al dié waarskuwings wil ek eintlik tot die kern van my boodskap kom. Welkom terug my ou biertjie. Ek het baie na jou verlang. Ek sal jou vertroetel en waardeer soos nog nooit tevore nie. Mag siekte ons nooit weer skei nie. Welkom terug.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie