Welwitchia Privaatskool samel geld in
Octavia Tsibes
Welwitschia Privaatskool in Windhoek het Saterdag ’n geldinsamelingsete vir 180 mense by Wanderers se sportgronde gehou.
“Die personeel van die skool het baie hard gewerk om die aand ’n sukses te maak,” sê ’n onderwyser en die hooforganiseerder van die aand, me. Carol Dickson.
Volgens me. Tiensie Dry, die skoolhoof, sal die geld wat gedurende die aand ingesamel is in ’n spesiale rekening gesit word om onder andere leerlinge te help om skoolfondse te betaal en opknappingswerk aan die skoolgebou self te doen.
Gaste kon deur die loop van die aand onder meer op wyn, skilderye en luukse vakansies bie.
Nie net was aand gereël om geld in te samel nie, maar dit het ook die geleentheid vir onderwysers en ouers gebied om saam te kuier en mekaar beter te leer ken. Die organiseerders het dit goedgedink om die tafelplan só uit te werk dat mense wat mekaar nie ken nie, saam aan tafel sit en sodoende ander ouers en onderwysers te ontmoet. Gaste moes ook gedurende die aand sitplekke en tafels ruil.
Geheime nommers wat onder stoele geplak is en gelukstrekkings waar gaste pryse kon wen, het vir groot opwinding gedurende die aand gesorg.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie