Welwitchia-universiteit vat hande met NCRST
Welwitchia-universiteit vat hande met NCRST

Welwitchia-universiteit vat hande met NCRST

Die opvoedkundige instelling beplan om ook kursusse in handel, finansies en IT aan te bied.
Augetto Graig
Augetto Graig - Die Nasionale Raad vir Navorsing, Wetenskap en Tegnologie (NCRST) het verlede week Donderdag ’n samewerkingsooreenkoms met Welwitchia-universiteit in die hoofstad aangekondig.

Volgens me. Enid Keramen, waarnemende uitvoerende hoof van die raad, sal die strategiese vennootskap verseker dat albei instansies beplande aktiwiteite met betrekking tot navorsing, ontwikkeling, innovering en opleiding kan finansier.

’n Gesamentlike tegniese komitee sal op die been gebring word om ’n driejaarplan van aksie op te stel, sê sy.

Die Welwitchia-universiteit is maar vier jaar oud ná dit in 2013 voorgraadse kursusse in verplegingswetenskap begin aanbied het.

Die kursusse word erken en goedgekeur deur die Raad vir Gesondheidsberoepe in Namibië (HPCNA), die Namibiese Kwalifikasieowerheid (NQA) en die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste.

Volgens me. Scholastika Iipinge, die universiteit se visekanselier en gedeeltelike eienaar, beplan die universiteit om vanjaar hul aanbieding uit te brei na kursusse in handel, finansies en inligtingstegnologie (IT).

Hulle beoog ook om in September vanjaar ’n nuwe navorsingsentrum by hul kampus in Kombat op te rig, sê sy.

Tans is 575 studente by hul kampus in die Lafrenz- industriële gebied in die hoofstad geregistreer.

Iipinge sê die Kombat-kampus was ’n noodsaaklike uitbreiding weens die groeiende aantal aansoeke wat die universiteit van voornemende studente kry.

Die ooreenkoms met NCRST sal navorsing by die universiteit bevorder, menslike hulpbronne ontwikkel, kapasiteit bou, gesondheidstegnologie bevorder en lei tot toekennings in wetenskap, tegnologie en innovasie.

Welwitchia-universiteit het reeds soortgelyke ooreenkomste met universiteite in Finland, Indië, Suid-Afrika en Zimbabwe, asook diensvlakooreenkomste met verskeie ministeries, maatskappye en gesondheidsfasiliteite in Namibië.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!