Welwitschia – my skool, my trots

Helene Bam
Andrea Brand , graad 10, Welwitschia Skool , Windhoek



"Wonderlik" beskryf nie eers naastenby hoe ek oor my ervaring van die afgelope vyf jaar by Welwitschia Skool voel nie.

Ek het in 2012 by die skool aangesluit as graad 6-leerling. Dit is nou al vyf jaar later en ek is van plan om hier te bly tot in graad 12. Die hoofrede hoekom ek aanvanklik na Welwitschia gekom het, was omdat ek disleksie het (ek kon destyds nie eers die woord spel nie).

Welwitschia Skool het die eerste keer sy deure in Januarie 2001 oopgemaak.

Op daardie stadium was daar net 11 leerlinge van graad 2 tot graad 11.

Die skool het ontwikkel en ons is nou al amper 300 leerlinge en 28 personeellede.

Ons skool se leuse is "every child matters" en ek moet sê die personeel hier pak elke dag met daardie gedagte aan.

Vanjaar se minileuse by die skool is “the dream lives on”.

Ons het ’n rukkie gelede Brakwater toe getrek. Daar is ’n heel nuwe atmosfeer hier.

Wanneer jy in die klas sit, sien jy die natuur om jou en ervaar jy die vrede en vreugde wat daarmee gepaardgaan. Ek kan met trots sê Welwitschia is ’n goeie opsie vir enige kind.

By die skool is ons ’n klomp individue, maar ons staan saam deur dik en dun. Ons almal voel waarlik of ons hier hoort, want elkeen is uniek op hul eie manier en hier word ons daarvolgens geakkomodeer.

’n Leerling wat aan disleksie ly moet individuele aandag en hulp in die klaskamer kry. My onderwysers by Welwitschia gee beslis vir my die aandag wat ek nodig het. Ekstra klasse ná ure word gratis aangebied en daardeur word soveel moontlik kinders gehelp om hul bes te lewer.

Medeskoliere is ook geduldig en hulpvaardig. Ek het hier hartsvriende gemaak wat my selfbeeld opgebou het deur my te ondersteun en te aanvaar soos ek is.

Vervoer tussen Brakwater en Windhoek word aangebied deur busse wat daagliks van vier punte af vertrek. Welwitschia Skool probeer werklik hul bes om vir ons die beste opvoeding moontlik te gee.

Kommentaar

Republikein 2025-02-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 35° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 20° | 35° Oshakati: 23° | 34° Ruacana: 19° | 34° Tsumeb: 20° | 35° Otjiwarongo: 22° | 34° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 21° | 35° Henties Bay: 18° | 21° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:36, High tide: 12:59, Low Tide: 19:19, High tide: 01:45 Swakopmund: 17° | 18° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:34, High tide: 12:57, Low Tide: 19:17, High tide: 01:43 Walvis Bay: 17° | 23° Wind speed: 37km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:34, High tide: 12:56, Low Tide: 19:17, High tide: 01:42 Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 25° | 35° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 19° | 33° Ariamsvlei: 22° | 35° Oranjemund: 15° | 23° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 23° | 37° Lubumbashi: 16° | 27° Mbabane: 18° | 27° Maseru: 18° | 31° Antananarivo: 16° | 29° Lilongwe: 19° | 24° Maputo: 24° | 33° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 19° | 22° Durban: 21° | 26° Johannesburg: 19° | 32° Dar es Salaam: 25° | 33° Lusaka: 17° | 24° Harare: 17° | 24° #REF! #REF!