Welwitschias dalk gunstelinge teen Grens?
Rugby
Andrew Poolman
Dit is ’n ongewone stand van sake vir die Windhoek Draught Welwitschias om ’n wedstryd in ’n Suid-Afrikaanse provinsiale kompetisie te benader waarin hy meer ligapunte as die opposisie het.
Die Namibiërs besoek Oos-Londen waar hulle die Grens Bulldogs die stryd aansê. Die Welwitschias het tans elf ligapunte teenoor die nege van die Oos-Kapenaars.
Afrigter Lyn Jones het dwarsdeur die seisoen veel groter klem gelê om diepte in sy spelersgroep te bou, as dat enige spesifieke wedstryd as ’n moet-wen bestempel is.
Op papier het die Namibiërs nog ’n klein wiskundige kans om tot die Curriebeker eerste liga se halfeindronde, maar dan sal hulle môre asook die daaropvolgende naweek teen die Boland Kavaliers op Swakopmund moet wen. En boonop hoop dat ander uitslae in hul guns uitwerk.
Jones wou gister nie juis daaraan byt dat ’n etiket as gunstelinge om sy span se nek gehang kan word teen ’n Grens-span wie se enigste oorwinning sover in die kompetisie teen dieselfde Oostelike Provinsie is wat hom teen die Welwitschias vasgegeloop het.
“’n Goeie span is een wat ook in wegwedstryde ’n manier kan vind om te wen. Ons is deeglik bewus van die uitdaging en dat ons in elke faset ons man sal moet staan.
“Die uitdaging is ewe veel in ons denkwyse en selfvertroue, maar ons span vir die naweek beskik definitief oor die vermoë om ons eerste weg-oorwinning in etlike seisoene te gaan behaal.
“Ons is ewe kapabel om teen enige span te verloor ook, maar ons het reeds teen die Luiperds op Potchefstroom ’n vegtende vertoning gelewer en gewys dat ons nie sommerso besgee nie.”
Hierdie naweek het Jones nie die dienste van spelers soos Theuns Kotzé, Rohan Kitshoff, Christo van der Merwe, Niël van Vuuren (almal onbeskikbaar) of JC Greyling (beseer) tot sy beskikking nie, maar tot hul krediet het enige nuwe Welwitschias dié seisoen hul hand opgesteek wanneer op hul knoppie gedruk is.
Die afrigter sê die linkervleuel David Philander was vanjaar uitsonderlik goed op die aanval in verskeie wedstryde, terwyl Mahco Prinsloo as heelagter ook op bestendige wyse al die twyfelaars stil gespeel het. Voorlangs is hy opgewonde oor die groter volwassenheid wat in Thomas Kali se spel te bespeur is en kan Obert Nortjé se eerste verskyning in die beginspan ook waarde tot die lynstaanspel byvoeg.
Op vaskopstut is AJ de Klerk ook terug nadat hy laas naweek se naelskraapse nederlaag teen SWD misgeloop het.
Die Bulldogs se wedstrydgroep bevat sowat agt spelers wat twee seisoen gelede in Windhoek in die reuse-oorwinning met 76-18 betrokke was, maar die Namibiërs het reeds dié seisoen dié soort punteverskille grootliks begin uitwis.
Windhoek Draught Welwitschias: 15 Mahco Prinsloo, 14 Johann Tromp, 13 Lesley Klim, 12 Darryl de la Harpe, 11 David Philander, 10 Eugene Jantjies (kapt), 9 Helarius Kisting, 8 Adriaan Booysen, 7 Max Katjijeko, 6 Thomasau Forbes, 5 Mahepisa Tjeriko, 4 Ruan Ludick, 3 AJ de Klerk, 2 Obert Nortjé, 1 Hauta Veii.
Reserwes: 16 Bigman Kaura, 17 Desiderius Sethie, 18 Nelius Theron, 19 Thomas Kali, 20 James Marx, 21 Cameron Klassen, 22 Heinrich Smit.
Grens Bulldogs: 15 Sonwabiso Mqalo, 14 Siyasanga Ncanywa, 13 Siphosethu Tom (kapt), 12 Lunga Dumezweni, 11 Lelethu Gcilitshane, 10 Sinovuyo Nyoka, 9 Bangihlombe Kobese, 8 Sokuphumla Xakalashe, 7 Nkosi Nofuma, 6 Onke Dubase, 5 Hendri Storm, 4 Ayabonga Nomboyo, 3 Lwando Mabenge, 2 Maliviwe Simanga, 1 Siyamthanda Ngande.
Reserwes: 16 Ayabonga Booi, 17 Blake Kyd, 18 Athenkosi Khethani, 19 Athenkosi Manentsa, 20 Siphosenkosi Nofemele, 21 Lundi Ralarala, 22 Nkululeko Ndlovu.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie