Wen is Eichab se 50ste
Skaak
Die negende Kehat Beukes Gedenktoernooi vir plaaslike skaakspelers is onlangs by die Thüringerhof Hotel afgehandel.
Prysgeld van altesame N$10 000 geborg deur Bank Windhoek is deur die veteraan Meesterskandidaat Charles Eichab met ’n foutlose telling van nege oorwinnings in nege wedstryde ingepalm.
Die triomf was ook die 50ste van Eichab se loopbaan nadat hy in 1998 sy eerste nasionale toernooi ingepalm het. Eichab is ’n hoog gerekende speler en afrigter wat ook reeds met sy skaaklesse sy merk by skole in Windhoek, Swakopmund en Walvisbaai gemaak het.
“Wanneer jy ’n goeie uitslag soos hierdie behaal, lyk dit soos ’n seën uit die hemel. By nadere ontleding is sekere aspekte egter uitgewys waarin ek steeds my spel kan verbeter,” het die kampioen ingenome gesê.
In die tweede plek was Collin Nyandoro met 7.5 uit nege wedstryde, gevolg deur nog ’n veteraan, Otto Nakapunda, met 6.5 uit nege. Die vierde plek het aan McLean Handjaba met ses uit nege behoort, gevolg deur Edmund Gariseb met vyf uit nege.
Die beste junior speler van die toernooi was Immanuel Gariseb, met Dante Beukes die voorste seunskadet.
Die Namibiese Skaakfederasie bedank Bank Windhoek vir sy borgskap van die toernooi.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie