Wen met koffiemeul en vleglyn
Leon Krauze was die kampioenhengelaar by die nasionale kampioenskap.
Des Erasmus
Die voorste hengelaars in die land twyfel nie meer oor nuwe tegnologie langs die viswaters nie. Toe die Namibiese nasionale hengelkampioenskap met Hentiesbaai as basis aangebied is, was die wenners feitlik deur die bank manne wat koffiemeulkatrolle en vleglyn gebruik het.
In rowwe water het dit hulle in staat gestel om diep in te gooi tot waar die haaie gewei het.
Donderdag was die beste van die drie dae, sê Paul Ferreira, 'n ou bekende in hengelgeledere wat as meet- en weegmeester opgetree het. Ná die hittegolf van die Maandag en Dinsdag het beter toestande toe ingetree. Vrydag was die water rof en Saterdag nog rowwer.
Saterdagaand is die wenspanne en beste hengelaars in vyftien kategorieë beloon met ook toekennings vir tweede en derde plekke en die grootste vangste van die byeenkoms.
Die kampioenhengelaar van die byeenkoms was Leon Krauze van die Hentiesbaai hengelklub.
Dié klub se trofeekas moes oorgepak word toe Hentiesbaai ook die spankompetisie gewen het, 'n Hentiesbaaiertjie het die grootste bronshaai onder die onder 16's gevang en Hentiesbaai is ook as die klub aangewys wat die beste vordering getoon het.
Al vyftien Namibië se geregistreerde hengelklubs het aan die byeenkoms deelgeneem.
Die grootste eetbare vis van die kampioenskap was 'n kabeljou van 14,5 kg wat deur Pieter van Aarde van die klub Seagull gevang is.
Die grootste oneetbare vis was Sean Oberg van die klub Orca se bronshaai van 121,2 kg.
'n Opspraakwekkende vangs was 'n bronshaai van 48,6 kg deur Herman Krauze. Dit het aan hom 'n tweede plek in die kategorie onder 16 besorg waar Morné Burger die wenner was. Herman het saam met die onder 16's ingegooi, maar hy is eintlik nog 'n onder 13.
Van die belangrikste uitslae was:
Swaarste sloephaai: Rinus van der Westhuizen van Otjiwarongo (27,3 kg).
Swaarste oneetbare vis: Sean Oberg van Orca met 'n bronshaai van 121,3 kg.
Span met die meeste haaie: Mako met 27.
Hengelaar met die meeste visse: Sean Kouwenhoven van Skeleton Coast.
Beste reserwe/assistentbestuurder: Jano Burger van Hentiesbaai (64,1 kg).
Beste spanbestuurder: John-John Warrington van Mako.
Span met die beste vordering: Hentiesbaai.
Onder 16: 1. Corné Burger van Penguin (64,1 kg) , 2. Herman Krauze van Hentiesbaai (51.9 kg), 3. André-Louis Stipp (32,5 kg).
Onder 16, swaarste oneetbare vis: Herman Krauze van Hentiesbaai met 'n bronshaai van 48,6 kg.
Onder 16, swaarste eetbare vis: Kevin Page van Penguin met 'n kabeljou van 2 kg.
Onder 21: 1. Armand Esterhuysen van Skeleton Coast (47,6 kg)., 2. Gerard Hough van Skeleton Coast (33,1 kg), 3. Justin Smith van Walvisbaai (6,4 kg).
Onder 21, swaarste oneetbare vis: Armand Esterhuysen van Skeleton Coast met 'n bronshaai van 40,6 kg.
Vroue: 1. Lydia Cilliers van Benguella (46,1 kg), 2. Carlien Steyn van Welwitschia (40,8 kg), 3. Nedjilkza Kohler van Hentiesbaai (36,5 kg).
Vroue, swaarste oneetbare vis: Lydia Cilliers van Benguella met 'n bronshaai van 42,1 kg.
Vroue, swaarste eetbare vis: Shane Junius van Okahandja (1,9 kg).
Kampioenskap vir mans: 1. Leon Krauze van Hentiesbaai (280 kg), 2. Johan van Wyk van Mako (223,4 kg), 3. Sean Oberg van Orca (139 kg).
Swaarste oneetbare vis: Sean Oberg van Orca met 'n bronshaai van 121,2 kg.
Swaarste eetbare vis: Pieter van Aarde van Seagull met 'n kabeljou van 14,5 kg.
Jongste junior wat kwalifiseer: Rudi Swartz van Mako (10 jaar).
Beste meesterhengelaar: Simen Anderrsen (59,9 kg).
Beste span uit die binneland: Otjiwarongo.
Kampioenspanne: 1. Hentiesbaai (445,7 kg), 2. Mako (407,9 kg), 3. Orca (376,7 kg).
Beste hengelaar oor die afgelope drie jaar: Johan van Wyk van Mako (sewende in 2015, tweede in 2016 en tweede in 2017).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie