Wenke vir besluitneming op die plaas
Wenke vir besluitneming op die plaas

Wenke vir besluitneming op die plaas

Doen SWOT-ontleding van boerdery
Kobus Laubscher
Dr. Kobus Laubscher - Enige plaas moet in pas met die natuur, kwaliteit, die beskikbaarheid van hulpbronne en uiteraard die bestuursvermoë van die touleier bedryf word.

Boere weet van seisoene, maar verstaan ook dat daar lang termyn veranderings is. Hierdie veranderings is weer afhanklik van eksterne faktore soos die sakesiklus en ander tendense.

Verder bly dit noodsaaklik om altyd met die veronderstelde uitkoms in gedagte ’n nuwe seisoen aan te pak. Hierdie seisoen sal nie verskil nie, maar om net te fokus op wat die weer en pryse nou doen, sal kortsigtig wees aangesien die groter prentjie ook moet geld.

Vleispryse is tans op baie hoë vlakke en hoewel dit die boere in die ná-droogte heropbou baie help, moet hulle verby dit na die toekoms kyk.

Toekomsvisie

Besluite nou, soos om binne die fisieke raamwerk van die plaas kuddes te bou, moet ook sterk beïnvloed word deur wat van die mark verwag kan word. Dié moontlike verwikkelinge van sover as 24 maande vooruit, moet nou al tyden besluitneming verdiskonteer word.

Trouens, die boer se besluitneming sal toenemend bepaal word deur wat buite sy grensdrade gebeur, en selfs méér so as dit wat hy daarbinne kan beheer.

Indien die mandjie van moontlikhede gepak moet word, dan groei dié lys hand oor hand. ’n Onvermoë om daarop ag te slaan, kan boere duur te staan kom en hierin speel kollektiewe wysheid ’n rol.

Die geheim lê in die vermoë om di twat saak maak te ontsluit en dit so te doen dat reaksie die groter doel bedien.

Dié spel kan nie man alleen bemeester word nie en boere behoort binne hulle strukture soos verenigings ensovoorts take so te verdeel dat die kollektiewe wyshede ingespan word om die individu te bemagtig om beter en meer ingeligte besluite neem. Waak egter teen analitiese verlamming.

Van die vernaamste faktore wat die spelreëls bepaal, is van ’n eksterne aard. Dink aan beleidsekerheid (oor byvoorbeeld grondhervorming), vraagveranderings binne en buite die land se grense en die grootste graanoes in die geskiedenis met plaashekpryse so laag dat volhoubaarheid in gedrang is.

Trae ekonomiese groei demp noodsaaklike groei en die herstrukturering van die vraag en te midde van hoë rooivleispryse, skep geleenthede vir plaasvervangers soos ingevoerde hoender. Die gevaar van voëlgriep binnelandse en stortings deur ander lande van goedkoop hoendervleis is moontlik paradoksaal, maar moet in gedagte gehou word.

Die medediging binne die vleismandjie gaan verander en gebrekkige besteebare inkomste kan nie alleen gebruik word as aanduiding van die toekoms van byvoorbeeld rooivleis nie.

Een scenario is dat teen die tyd dat produksiebesluite nou speenbare kalwers 18 maande later oplewer met die verwagting dat pryse gaan hou, die vraag dermate verander het dat verbruikers nie kan of wil bestee op sulke vleis nie en pryse kan val.

Hulpmiddels

Dit alles dui op die vereistes ten opsigte van bestuur en leierskap en die vraag is, watter hulpmiddele bestaan? Behalwe vir normale bedryfsbegrotings wat verkieslik oor drie seisoene strek, is dit amper meer bepalend om deeglik te besin oor die pad vorentoe. Met ’n duidelike beeld van waar die boerdery moet wees in elk van die jare onder oorweging (visie), kan strategie ontwikkel word.

Hiervoor is daar’n kas vol gereedskap, maar seker die maklikste stuk gereedskap is die sogenaamde SWOT-ontleding. Daarvoor is dit nodig om die boerdery te ontleed aan die hand van sterk- en swakpunte en geleenthede en bedreigings.

Die eerste twee komponente is intern van aard en die ander twee werk met die eksterne omgewing. Moenie dit meng nie.

Lesers kan gerus op die internet soek na modelle om hiermee te help, maar behoort uit te kom by ’n viertal hoofstrategieë ten einde geleenthede wat die sterk punte die beste komplementeer, te dryf.

Vervolgens is dit nodig om maniere te vind om sterk punte so te gebruik dat blootstelling aan eksterne bedreigings verminder kan word. Dit sal derdens ook nodig wees om interne swak punte te oorbrug deur geleenthede wat hulle voordoen, te benut. Die vierde bundel strategieë word te dikwels weggelaat, naamlik om ’n teenplan te ontwikkel wat kan help keer dat interne swakhede nie deur eksterne bedreigings verrinneweer word nie. Saam hiermee is ’n dapper risiko-ontleding ook nodig. Daardeur kan bepaal word wat die kans is op realisasie en impak, sou dit realiseer.

Boere behoort sulke analises met erns aan te pak. Die sukses daarvan gaan bepaal word deur die ontleding van die eksterne omgewing, die verwerking van die feite en inkorporering daarvan met die interne realiteit.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!