Wenners van Doek- literêre toekennings vanaand bekend
Die wenners van die 2021 Bank Windhoek Doek- literêre toekennings word vanaand (Donderdag) by Droombos aangekondig.
Die 12 kandidate op die kortlys en die finale vier wenners word aan unieke geleenthede binne hul skeppingsvelde blootgestel.
Die doel van die toekennings is om die gekose werke, skrywers, digters en visuele kunstenaars aan ’n wyer Namibiese en internasionale gehoor bloot te stel.
“Ons is ongelooflik opgewonde oor hierdie mylpaal wat Namibiese skrywers, digters en visuele kunstenaars wie se werk in dié literêre tydskrif gepubliseer is, te erken en beloon,” lui ’n Facebook-inskrywing deur die publikasie.
Dié toekenningsgeleentheid word voortaan elke tweede jaar aangebied en gee erkenning aan Namibiese skrywers wie se werk in die land se eerste en enigste literêre tydskrif gepubliseer is. Dit vier die werke van vier Namibiërs – een fiksieskrywer, ’n niefiksieskrywer, ’n digter en ’n visuele kunstenaar.
Al die werke op die kortlys kan hier gelees word: doeklitmag.com/2021-shortlist/

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie